Ná die aankondiging van vlak 2-regulasies, maak alle staproetes, fietsryroetes en voëlskuilings in die park oop. Die Tsaarsbank en Plankiesbaai-piekniekgebiede sal dié komende Vrydag oopmaak.

Oop: Ma.-So., 8 vm.-4 nm.

Postberg: 10 vm.-4nm.

Bewaringstarief: R64 per volwassene, R32 per kind

Hoe kom ek daar? Volg die R27 uit Kaapstad vir ongeveer 100 km tot by die hek van die Weskus- nasionale park. Postberg is binne die park en ongeveer 25 km van die hek af. 

Watter blomme kan jy sien? Wees op die uitkyk vir plate oranje gousblomme (daisies). Hier is ook onder meer rooi malvas, goue vygies, bokbaai-vygies, bobbejaantjies en pers vygies. 

Foto: Marcelle van Niekerk
Foto: Marcelle van Niekerk

Watter wild kan jy sien? Eland, bontebok, steenbok, gewone duiker, Kaapse bergsebra en volstruise. Met ’n bietjie geluk sien jy ’n rooikat, vaalboskat of selfs ’n ratel!

Foto: Marcelle van Niekerk
Foto: Marcelle van Niekerk
Foto: Marcelle van Niekerk
Foto: Marcelle van Niekerk