Begin die dag reg voor julle strand toe mik: Hier’s drie ontbytplekke op Plet

Le Fournil De Plett-bakkery

Hierdie is ’n regte Franse bakkery wat heerlike ontbyt en allerlei varsgebakte brode en fyngebak bedien. Die restaurant lê langs ’n bedrwyigde plein met boetiekwinkels en ’n kunsgalery.

Waar? Lookout-sentrum, Hoofstraat

Oop Daagliks van 7 vm.-4 nm.

Kontak 044 533 1390

Plet
Heerlik!
Le Fournil de Plett


Clare’s Cakes and Deli

Goeie koffie en ontbyt en ’n reeks koeke en eetgoed vir die suikertand. Probeer die kaaskoek of bloubessiepannekoeke. Hier’s ook ’n deli vir middagete.

Waar? Marinegebou, Hoofstraat

Oop Daagliks van 8 vm.-5 nm.

Kontak 044 533 0000; clarescakes.co.za

Beacon Island-hotel

Die restaurant by dié ikoniese hotel is oop vir besoekers en het een van die beste liggings in Plet, reg op die rotse by Central Beach. Bestel die volle Engelse ontbyt of lê weg aan die vis-en-tjips of ’n pizza as dit tyd is vir middagete.

Waar? Central Beach

Oop Daagliks van 7 vm.-laat

Kontak 044 533 1120; tsogosun.com