Wou jy nog altyd die Oktoberfest bywoon, maar daai vliegkaartjie Mu¨nchen toe bly net te duur? Kom maak sommer ’n draai in Durbanville! By die Windhoek Oktoberfest kan jy jou dors met ’n groot glas bier les terwyl die Kirchdorfer-orkes musiek maak. Dié orkes is al sedert 1994 die amptelike orkes by een van die Mu¨nchen-feeste en kom direk van daai Oktoberfest af hierheen – diep Duits!


Eet tradisionele Duitse kos en kyk hoe lyk ’n Schuhplatter-dans. ’n Wat? Schuh is jou skoen en platt verwys na die plathande waarmee die dansers hulle skoene (en bobeen en knieë) slaan.

Waar? Hillcrest-steengroef, Durbanville

Wanneer? 20-22 Oktober

Tyd Vrydag: 6 nm. tot laat; Saterdag: 12 vm. tot laat; Sondag 12 vm.-6 nm.

Kaartjies Saterdag en Sondag: R140 per dag (aanlyn by Computicket); R160 by die hek. Gratis vir kinders jonger as 12. Vir Vrydagaand se partytjie (net vir mense ouer as 18), moet julle in groepe van 8 bespreek en dit kos R2 000 per tafel.

Nog inligting 061 004 7410; windhoekoktoberfest.com