Tien hoëspoed-veldrybakkies is vervaardig om die aanleg se vermoë te toets om hierdie spesiale weergawe van die Ranger te bou. Nie minder nie as R3 miljard is aan opgraderings by die aanleg bestee sodat hulle spesiale projekte soos die Raptor kan behartig, sê Ockert Berry, visepresident van bedryfsake vir Ford in die Midde-Ooste en Afrika.

Die Raptor word aangedryf deur ’n splinternuwe 3,2 l-dubbelturboenjin wat 157 kW en 500 Nm uitskop en by Ford SA se Struandale-aanleg in Port Elizabeth gebou word.

Die onderstel is versterk.
Die Raptor word aangedryf deur ’n 3,2 l-dubbelturboenjin.

Die krag word deur die gevorderde 10 spoed- outomatiese ratkas na al vier wiele gestuur. Die vering is verskaf deur FOX en bied posisiesensitiewe dempers terwyl die progressiewe terreinbestuurstelsel (TMS) ’n tydrenmodus het wat hulle die “Baja”-modus noem.

Die onderstel is versterk, die remstelsel opgradeer én die Raptor kry spesiale BF Goodrich-bande.


Lees al die nuusbrokkies wat in ons Desember-uitgawe verskyn hier.