Dié plekke het jou ondersteuning meer as ooit tevore nodig. Ons het dit boonop gerieflik op ’n kaart aangedui. Hierdie plekke word gelys as deel van Weg se OopDeureOopHarte-veldtog, waar ons instansies ’n hupstoot wil gee ná die tyd van inperking.

Madriko 35: Ervaar Langebaan se ‘ou dorp’

Madriko 35
Madriko 35
Madriko 35
Madriko 35

In die hartjie van Langebaan se ‘ou dorp’ staan die statige ou Madriko-gebou. Onaangeraak deur ontwikkeling in die res van die dorp, het die stil straatjie wat na die hoofstrand lei sy karakter behou met winkeltjies en restaurante te kies en keur. 

Kom bly by ons oor en ervaar die ware hart van Langebaan se ‘ou dorp’. Ons bied selfsorgakkommodasie met twee slaapkamers en een badkamer en veilige parkering in 'n binnehof. Aandetes , lughawevervoer en kajaktoere kan op versoek bygevoeg word.

Kom kry bietjie rus vir jou siel.

Kontak: 083 601 6369 (Zonita); estelle@lagoon.holiday 

Besprekings: https://www.airbnb.com/

Perkijt Villa 47a: Sakpas-selfsorgverblyf op Langebaan

Perkijt Villa 47a
Perkijt Villa 47a

In die pragtige natuurskoon van die Langebaan-gholflandgoed bied Perkijt Villa jou selfsorgakkommodasie teen 'n fraksie van die gewone prys.  Die geriewe in hierdie woonbuurt met 24-uur-sekuriteit is wêreldklas. 

Van die Gary Player-gholfbaan tot restaurante, tennisbane en fietsry- en drafroetes tot die asemrowende natuur.

Jy sal alles hier kry om jou siel te verkwik. Drieslaapkamer-eenheid met twee volledige badkamers en ? gesellige klein braai-balkon. Veilige parkering binne die kompleks, reg voor jou deur.

Kontak: 083 601 6369 (Zonita); estelle@lagoon.holiday 

Besprekings: www.airbnb.com

Kom ervaar De Vette Mossel

De Vette Mossel
De Vette Mossel
De Vette Mossel
De Vette Mossel

Ons by De Vette Mossel poog om veel meer te bied as bloot 'n ete – dit is 'n ervaring, in ongewone en informele omstandighede, waar jy saam met vriende (oues en nuwes) gesellig saam verkeer, waar niemand jou aanjaag nie en waar jy soveel seekos eet as waarvoor jy lus het – nes ons langs die Weskus maak.

Die uitstekende voorbereiding van topgehalte seekos, in oorvloed, en waarde vir geld, is ons erns. Ons spyskaart bestaan uit nege gange van 16 disse wat ná mekaar as 'n rollende buffet voorgesit word.

Kontak: 064 552 6627; www.hermanus.devettemossel.co.za

Vakansiegereed op Lambertsbaai by Lamberine

Lamberine-vakansieoord
Lamberine-vakansieoord
Lamberine-vakansieoord
Lamberine-vakansieoord

Lamberine-vakansieoord bied vakansieverblyf met ses ten volle toegeruste vakansiewoonstelle. 

Vier van die woonstelle het toegang tot 'n dek met braaigeriewe en 'n uitsig oor die hawe en strand. Twee van die woonstelle het 'n seeuitsig en braaigeriewe aan die agterkant van die gebou. Al die woonstelle huisves ses persone.

Kontak: 082 482 6231; lamberineaccom@gmail.com

Beplan jou sprokiestroue by Bosduifklip!

Bosduifklip
Bosduifklip
Bosduifklip
Bosduifklip

Bosduifklip is geleë buite Lambertsbaai. Omring deur oeroue rotsformasies en met 'n uitsig oor die ongerepte veld, neem die atmosfeer jou terug na die aarde en natuur. 

Sitplekke en tafels is van natuurlike hout. Die buitelugdeel neem jou na 'n sprokieskasteel onder die sterre en maan in die aande. Die pragtige onderdakdeel is gebou bo-oor 'n meer as 100 jaar oue klipkraal.

Bosduifklip bedien al vanaf 1991 hartlike plaas- en seekos, voorberei oor oop vure. Dit is 'n baie gewilde troulokaal en is al aangewys as die mees unieke troulokaal in Suid-Afrika.

Kontak: 084 703 8311; bosduifklip@gmail.comwww.bosduifklip.co.za

Wildritte en akkommodasie by JustBe Farm Retreat, Piketberg

JustBe Farm Retreat
JustBe Farm Retreat

Selfsorghuisie met dubbelbed en buitebraai, asook 'n buitestort met die ekstra opsie om die kolkol-jacuzzi op 'n private wildsplaas te gebruik. 

Wildritte op aanvraag of selfbestuurwildritte. Daar is elande, bergsebras, swartwildebeeste en springbokke op die plaas. Daar is ook 'n verskeidenheid voëlsoorte.

Veldritte beskikbaar op versoek. Ons het ook 'n inheemse kwekery.

Kontak: 064 068 6409; admin@soutkloofgame.co.zawww.soutkloofgame.co.za

i-Mauli Tours: Beplan jou Tuinroete-toer

i-Mauli Tours is 'n toeragent wat die Tuinroete vanaf Riversdal tot die Tsitsikamma bedien. Volgens die behoefte van gaste/toeriste beplan en help ons hulle om hulle droomondervinding in die omgewing te verwesenlik. Ons bekwame toergidse kan hulle dan op hul reis en na besienswaardighede vergesel.

Kontak

Marianna: 083 511 0368 | Uli: 082 789 7604 | imaulitours@gmail.com | www.imaulitours.co.za

Ervaar gasvryheid by Old Oak Gastehuis, Bellville

Old Oak-gastehuis
Old Oak-gastehuis
Old Oak-gastehuis
Old Oak-gastehuis

Old Oak Gastehuis is 'n gevestigde, 3-ster-gegradeerde, 6-slaapkamer gastehuis in die rustige, stil noordelike voorstede van Kaapstad. 

Stylvolle akkommodasie vermeng met tradisionele gasvryheid verseker dat toeriste, geleentheidsbesoekers en korporatiewe kliënte onvoorwaardelik deel van die Old Oak familie wil wees.

Kontak: 021 910 0703 of 083 261 8052; 

info@oldoakguesthouse.co.zawww.oldoakguesthouse.co.za

Matzikama -wandelroetes: Naby aan die natuur!

Matzikama -wandelroetes
Matzikama -wandelroetes
Matzikama -wandelroetes
Matzikama -wandelroetes

Ons is 'n nuutgestigte stapklub, gestig 18 April 2018, en ons hoofdoel is om mense nader aan die natuur te bring en vir hulle die weggesteekte skatte van die omgewing te wys. 

Ons is 'n niewinsgewende klub en vra slegs 'n klein bedraggie per stap, en daardeur ploeg ons weer terug in ons gemeenskap. 

Kontak: 076 957 4005; christiematzihiking@gmail.com

Allesverloren Function & Conference Venue op Riebeek-Wes

 Allesverloren Function & Conference Venue
Allesverloren Function & Conference Venue
 Allesverloren Function & Conference Venue
Allesverloren Function & Conference Venue

Allesverloren is geleë teen die hang van Kasteelberg in die Riebeekvallei.  

Ons funksielokaal is geskik vir troues, funksies, konferensies en vele meer. Ons opelug-woudkapel is ons grootste bate en baie gewild onder toekomstige troupaartjies.

Kontak: 073 017 4402

Moenie van Stilbaai vergeet nie!

Stilbaai-toerisme
Stilbaai-toerisme
Stilbaai-toerisme
Stilbaai-toerisme

Bring 'n besoek aan die toerismekantoor wat geleë is in die Palinggat-opstal in Stilbaai waar jy die enigste mak palings in Suid-Afrika sal sien wat met die hand gevoer word in die fontein langs die geskiedkundige opstal. Die palings in Palinggatfontein woon al die afgelope 125 jaar daar.

Kontak: stilbaaiinfo@easycoms.co.za

Goed, beter, beste by Sam's Oyster and Tapas Bar

Sam's Oyster and Tapas Bar
Sam's Oyster and Tapas Bar

Ons voorsien vars oesters en mossels en ons bied ook 'n bustoer aan vanaf Yzerfontein na Saldanhabaai en terug vir 'n oester-ervaring. 

Jy gaan op 'n bootvaart in die Saldanhabaaihawe, klim af op 'n drywende dek bokant die oesterbeddens, leer hoe om oesters uit te dop en proe vars oesters saam met 'n glas vonkelwyn. Daarna gaan jy terug na die uitkykdek en dan weer terug na Yzerfontein.

Kontak: stephen@samsoysterbar.com; 082 326 4856

Velddrif se ou tradisies

Velddrif
Velddrif

Welkom in Velddrif... met sy eeue-oue tradisies, waar die sterre helderder skyn, die see en die rivier mekaar ontmoet, dit wemel van die visse en waar die stilte in die voëlgesang gehoor kan word. 

Die kronkelende Bergrivier is 'n weerspieëling van die rustigheid van hierdie vissersdorpie. Van hier kan jy die Weskus verken. Ja jy weet jy’s  in Velddrif wanneer jy die volgende sien – Carinusbrug, bokkoms, flaminke, vissermanne en pragtige, ongerepte strande!

Kontak: velddriftoerisme@telkomsa.net;www.velddriftourism.co.za/velddrif-where-your-soul-unwinds/

Die pêrel van die Paarl: d'Olyfboom Family Estate

d'Olyfboom Family Estate
d'Olyfboom Family Estate
d'Olyfboom Family Estate
d'Olyfboom Family Estate

Die geskiedkundige d’Olyfboom Family Estate in die Wes-Kaap is geleë teen die majestueuse Paarlberg en kyk uit oor die dorp, wingerde en omliggende platteland. 

Die gerieflike akkommodasie bestaan uit vyf individueel ingerigte gastesuites, elke met privaat patio, pragtige uitsigte en alle geriewe (TV, lugversorging, privaat swembad vir gaste, koffiestasie en WiFi) waarvoor gaste gewoonlik vra.

'n Heerlike ontbyt is deel van die pakket. Konferensies, troues en funksies kan hier gehou word.

Kontak:  021 870-1080; reservations@dolyfboom.co.zawww.dolyfboom.co.za

Asemrowende uitsigte oor die Boland by Laborie Estate

Laborie Estate
Laborie Estate

Laborie Estate is 'n geskiedkundige, werkende plaas aan die voet van die Paarlberg, minder as 'n uur se ry vanaf Kaapstad. 

Dit is geleë langs die N1-hoofweg vir maklike toegang tot die Paarl met sy talle toeriste-aantreklikhede, terwyl dit besoekers 'n rustige omgewing bied.

Twee restaurante, luukse gastekamers, selfsorgplekke tussen die wingerde en 'n wynproelokaal met van die asemrowendste uitsigte in die Boland is net 'n paar van die dinge wat Laborie die besoeker bied. 

Kontak: 021 807 3095; reservations@laborieestate.co.za

www.laborieestate.co.za

Vryval in Mosselbaai!

Vryval in Mosselbaai
Vryval in Mosselbaai
Vryval in Mosselbaai
Vryval in Mosselbaai

Weet jy hoekom voëls sing? Kry 'n tandemkaartjie vir vryval en merk dit af van jou wenslysie. 

Op die vlug van 10 000 tot 14 000 voet kry jy 'n voëlperspektief van die berge en  die pragtige Mosselbaaise kuslyn en strande. Terwyl jy saam met jou tandeminstrukteur uit die vliegtuig spring, ervaar jy die sensasie van vryval teen 220 kilometer per uur vir 35-40 sekondes voor die valskerm oopmaak en jy afdaal na die landingsgebied.

Jy kan kies om te land by die lughawe, die strand of by 'n wingerd waar jy vir middagete en wynproe kan bly.

Kontak: 082 824 8599;

info@skydivemosselbay.comwww.skydivemosselbay.com/tandem-skydiving/

Honeywood Farm in Heidelberg, Swellendam

Honeywood Farm in Heidelberg
Honeywood Farm in Heidelberg

Honeywood Farm in Heidelberg bied akkommodasie, byekursusse, bergfietsry, klein konferensies en troues.

Kontak: 083 270 4035; www.honeywoodfarm.co.za

Kuier in die hartjie van die Swartland

Bill&Co. Swartland
Bill&Co. Swartland
Bill&Co. Swartland
Bill&Co. Swartland

Bill&Co. Swartland is geleë in Malmesbury, in die hartjie van die Swartland. 

Ons het 'n ou verlate familiegebou op die dorp omskep in 'n kos- en wynmark met 'n wynwinkel, wynkroeg, bistro, bakkery, raadsaal asook 'n deli.

Die droom agter Bill&Co. is om vir die Swartland se ongelooflike wyn 'n "huis" te skep, asook 'n verskil te maak deur werksgeleenthede te skep in die verlate gedeelte van die dorp.

Ons bied onder andere maandelikse varsmarkte, musieksamekomste, troues, kombuistees, besigheidsvergaderings, verjaarsdae en wynproe. 'n Bestemming vir die hele familie.

Kom kuier vir ons in die Swartland!

Kontak: info@billandco.org.za