Die luiperdmannetjie BM30 is op 16 Februarie op die Bainskloofpas raakgery (inlas). Dié strikkamerafoto van BM30 is in 2015 geneem. Bron: www.facebook.com/capeleopard



Die Trust vir Kaapse luiperds het dié beroep op motoriste gedoen nadat ’n gesonde luiperdmannetjie twee weke gelede op die Bainskloofpas naby Wellington raakgery is.


Die luiperd se beserings was te erg en hy moes ongelukkig uitgesit word.  Die Trust het die mannetjie BM30 gedoop (“Boland Male #30”) en die navorsers het hom goed geken van strikkamerafoto’s. Hy het 37 kg geweeg en sy ouderdom is op 5 jaar geskat.

Hoewel dit nie gereeld gebeur dat luiperds in die Wes-Kaap raakgery word nie, het die Trust gevra dat mense besef dit gebeur wél – meestal snags, op bergpasse en paaie deur bergagtige gebiede. Dit het al voorheen op die Piekenierskloofpas, Michellspas, Bainskloof, die N1 deur Du Toitskloof, die Franschhoekpas en die R44-kuspad tussen Gordonsbaai en Rooiels. Dis ook nie net luiperds wat in gevaar is nie – hou ook jou oë oop vir kleiner diere soos rooikatte, muishonde, hase en dassies.


Bron: www.capeleopard.org.za