Stap saam met botaniese kenners (onder meer die bekende Elsa Pooley) op die Lesothoplato en verken die verskillende veldblomme soos oranje papawers, harpuisbos en pensies. Julle ry tot aan die bopunt van die pas en stap dan Lesotho binne. Die groep bring sowat 90 minute bo-op die plato deur en stap dan van die Lesotho-grenspos tot by die Suid-Afrikaanse grenspos (8 km). Hier is vervoer tot by die beginpunt (Giant’s Cup Café).

Wat bring ek saam? Jou paspoort (baie belangrik – jy gaan die land verlaat!), stapskoene, middagete, genoeg drinkwater, ’n stapstok, hoed, warm klere, reënklere, blomboeke, verkyker en kamera.

Wanneer? 28 Januarie 2018

Tyd Ontmoet mekaar 6.30 vm. by die Giant’s Cup Café, sowat 10 km van Underberg af op die Sanipaspad.

Koste R475 p.p. Dit sluit vervoer in van Giant’s Cup Café af tot bo-op die pas en weer terug.

Bespreek vooraf by Sani Lodge Backpackers (033 702 0330; info@sanilodge.co.za) sodat hulle vervoer kan reël.


Lees oor nog doendinge en nuus in ons Januarie-uitgawe hier.