Foto: Esma Marnewick

Jy kan egter steeds in die laaste week van Oktober nuwe lidmaatskap koop of jou lidmaatskap hernieu, en die ou tariewe betaal (Nee, jy gaan nie honderde rande spaar deur dit voor November te doen nie, maar elke sent tel, of hoe?). Die lidmaatskap is vir ’n jaar geldig.

Die nuwe tariewe geld by alle vennote van die Wild Card-program: SANParke, Kaapse Natuurbewaring, Msinsi, Ezemvelo KZN Wildlife en Swaziland se Big Game Parks.

Met ’n Wild Card kry jy gratis toegang tot alle SANParke en die parke en reservate van die ander vennote – altesame meer as 80 parke en reservate. Jy betaal dus nie die daaglikse bewaringstarief nie. 

Vanaf 1 November styg jaarlikse lidmaatskap as volg:

Individuele kaart: R565 p.p. (voorheen R515)

Kaart vir paartjie: R930 (voorheen R845)

Gesinskaart: R1 140 (voorheen R1 035) – ’n gesinskaart is geldig vir twee volwassenes en vyf of minder kinders, of een volwassene en ses of minder kinders. 

Die kaart is vir ’n jaar geldig, en die nuwe tariewe geld tot einde Oktober 2018. 

“Die aanpassing gebeur jaarliks en dit strook met die jaarlikse Verbruikersprysindeks wat op ons parke se daaglikse bewaringstariewe toegepas word. Wild Card-lidmaatskap is steeds die mees bekostigbare manier manier om die nasionale parke en reservate in Suid-Afrika en Swaziland te verken,” sê Hein Grobler, SANParke se Wild Card-programbestuurder. 

Nog inligting: http://www.wildcard.co.za/ 

Hoeveel spaar ’n mens met ’n Wild Card?

Hoeveel sal jou gesin betaal om vir ’n week in een van ons gewildste parke te kuier, met ’n Wild Card of sonder een? Ons het ’n paar somme gemaak (dié tariewe geld vir twee grootmense en twee kinders). Onthou: Dit is net die bewaringstarief, jou verblyfgeld kom nog by.

Jaarlikse Wild Card-tarief vir ’n gesin: R1 140

Normale bewaringstariewe (’n een week lange besoek vir twee grootmense met twee kinders):
Krugerwildtuin: R1 596 

Kgalagadi- oorgrenspark: R1 596

Addo-olifant- nasionale park: R1 302

Augrabies- nasionale park: R924

Bontebok- nasionale park: R770