Die ingevoerde MacLaren HB 9000 is ’n kompakte alles-in-een-model wat doelgemaak is vir woonwaens. Die eenheid is 71 cm lank, 40 cm breed en 28 cm hoog, wat beteken hy pas maklik onder die wa se bed in – dit is ’n beter plek om ruimte af te staan as byvoorbeeld die neuskas.

Nie net plaas dit ekstra gewig op die koppelstuk nie, maar jy verloor ook ruimte vir dinge soos jou gassillinders, noodwiel en waterkan. Die HB 9000 werk met 220 V en blaas koue of warm lug, wat beteken jy kan hom heeljaar gebruik.

Wat is ingesluit? Onder meer drie luginlate, 5 m geïsoleerde pyp, beheerpaneel met ’n afstandbeheer, asook ’n stensil wat jou help om te sien waar jy byvoorbeeld die gate deur die vloer moet sny.

Prys R13 750 (BTW en aflewering uitgesluit).

Kontak  011 315 3113;  sales3@ust.co.zaust.co.za 


Lees nog nuusbrokkies uit ons Mei-uitgawe hier.