Ons is almal mal oor mooi foto’s, maar het nie noodwendig ure se tyd om daai dik kamera-handleiding te probeer ontsyfer nie.

Weg bied al ’n paar jaar lank fotografieslypskole reg oor die land aan, waar lesers by een van ons kenners leer hoe om hulle eie kameras beter te verstaan en beter foto’s te neem.

Met dié aanlyn-fotokursus wil ons dit vir amateurfotograwe nog makliker maak om beter foto’s te leer neem. Nou hoef jy nêrens heen te reis nie, jy kan die lesse in jou eie huis (en teen jou eie pas!) onder die knie kry én dis heelwat goedkoper as om ’n slypskool by te woon.

Met dié aanlyn-fotokursus wil ons dit vir amateurfotograwe nóg makliker beter foto's te leer neem.

As jy ’n DSLR-kamera het en steeds huiwerig is om sonder die “Auto”- of “Program”-modus foto’s te neem, is dié kursus vir jou. Komaan, rus jou toe met die kennis van ons kennerspan en kry groter selfvertroue as fotograaf.

Hoe werk dit?

Sodra jy inskryf en betaal, kry jy ’n profiel en kan jy begin leer!  Jy gaan nie klasloop nie, alles gebeur aanlyn. Die lesinhoud is reeds opgelaai en jy kan teen jou eie pas daardeur werk – met ’n koppie koffie, en in jou pajamas in die bed, as jy wil!

Die kursus is in 6 modules verdeel. Klik hier om die kursus-oorsig te sien.

Wat kos dit?

R950. Dié eenmalige bedrag gee jou lewenslank toegang tot die kursusmateriaal. Jy kan met ’n kredietkaart betaal of ’n elektroniese oorbetaling doen.

Watter soort kamera moet ek hê?

Enigiemand sal baatvind by die kursus – dit maak nie saak of jy ’n mik-en-druk-kamera of selfs net 'n selfoon het nie: studente gaan veral meer oor komposisie leer, en goeie komposisie vra nie watter kamera jy het nie.

Ons kyk ook na goed soos Instagram wat die heel beste werk as jy met jou slimfoon foto’s neem, en help jou om van daai digitale foto’s wat op jou hardeskyf lê in fotoboeke te omskep. 

Ons fokus wel op die gebruik van D-SLR-kameras en hoe jy die verskillende funksies kan gebruik om die beste foto te neem. Iemand wat so ’n kamera het, sal die meeste waarde uit die kursus kry.

Waar skryf ek in?

Gaan na neembeterfotos.weg.co.za en klik op “Skryf in”. So maklik soos dit!

Klik hier vir nog Algemene vrae.