Boonop stuur ons dan elke week vir jou lekker leesstories, resepte en inligting oor ons nuutste toere en werkswinkels. Bonus!

Ons kies twee gelukkige wenners. Jy kan ’n Timberland Berkshire-manshorlosie ter waarde van R2 350 of ’n Timberland Falmouth-dameshorlosie ter waarde van R1 750:

Die prys
Timberland se horlosie-versameling is net reg vir die stad – dit sal jou betyds hou terwyl jy in die betonoerwoud speel. Die horlosies getuig van moderne vakmanskap en ontwerp en verskuif die grense van veelsydigheid. Die Berkshire-manshorlosie is die toonbeeld van moderne styl en ’n mens kan die Falmouth-vrouehorlosie met sy klassieke skoonheid op enige plek dra.

Die kompetisie eindig 25 Julie.

Lus om in te skryf? Maak só:


STAP 1:

Teken in op die nuusbrief

Teken hier op vir Weg! se weeklikse nuusbrief.

Daar is opsies vir verskeie nuusbriewe – kies 'Weg!'.  

STAP 2:

Skryf in vir die kompetisie*

Vul die kompetisie-vorm hier onder in nadat jy ingeteken het op die nuusbrief. Slegs intekenaars op die nuusbrief sal in aanmerking kom vir die prys.

Ontvang jy reeds ons nuusbrief?

Moenie bekommerd wees nie – jy kan steeds inskryf vir die kompetisie. Jy gaan nie twéé weeklikse nuusbriewe kry nie, die stelsel sal jou naam as 'n duplikaat herken.

Onthou!
Vul eers die kompetisie-vorm in wanneer jy ingeteken het op die nuusbrief. Jy kom net in aanmerking vir die prys as jy stap een én twee voltooi het. 

*LET WEL: Deur in te skryf vir hierdie kompetisie, stem jy in om Weg se weeklikse nuusbrief en ander bemarkingsmateriaal te ontvang.