Die Wildlife Protection Project poog om met behulp van dieregedrag, data en ’n selfoonnetwerk juis dit te doen. Die teenstropingsinisiatief in die Welgevonden-wildreservaat naby Vaalwater is nog in die toetsfase, maar hoop om sodoende renosterbewaring meer volhoubaar en doeltreffend te maak.

Foto: Jess Oosthuyse
Foto: Jess Oosthuyse

Hoe werk dit? Navorsers weet reeds hoe prooidiere reageer wanneer hulle ’n roofdier in die veld teëkom. Hulle hartklop versnel en hulle spoed en posisie verander. Navorsers het toe in dié wildreservaat begin monitor hoe diere reageer op mense – dit sluit in wildritte, begeleide stappies en “kamma”-stropers.

Spesifieke herbivore (sebra, rooibok, wildebees en eland) dra halsbande met ’n GPS en versnellingsmeter en hulle gedrag word gemonitor. Dié data word direk gestuur aan die Wageningen-universiteit in die Nederland.

Foto: Jess Oosthuyse
Foto: Jess Oosthuyse

Hulle werk tans aan ’n algoritme om verdagte menslike gedrag te “bespeur”. Die uiteindelike doel is om dié algoritme so te verfyn dat dit teenstropingseenhede kan waarsku teen stropers, en inlig presies waar hulle is.

Wie is betrokke? Die Welgevonden-wildreservaat, MTN, IBM en die Wageningen-universiteit in die Nederland.

Vinnige feit: Die algoritme het die potensiaal om die inhegtenisname van stropers van 3% tot 86% te verhoog.

In hulle woorde

“Die plan is om ’n stelsel te hê wat reg oor die wêreld waar stroping ’n uitdaging is, toegepas kan word.”

- Jarrod Nash, IT-tegnikus by Enchoice, Nederland

“Ons moes ’n manier kry waar die kans dat ’n stroper vasgetrek word so hoog is, dat hulle heeltemal ophou daarmee.”

- François Spruyt, voorsitter van Welgevonden

Bronne: welgevonden.orgsafari.com

Foto: Jess Oosthuyse
Foto: Jess Oosthuyse