“Memorial to a species”: Brent Stirton, Suid-Afrika/Natuurfotograaf van die Jaar. Wenner: Natuurfotograaf van die Jaar. Stropers het in die nag by die Hluluwe-Imfolozi-wildreservaat in KwaZulu-Natal ingebreek, en die swartrenosterbul met ’n klankdemper geskiet. Hulle het vinnig die twee horings afgesny en ontsnap voordat die reservaat se patrollie hulle kon vind. Die horings is waarskynlik uit via Mosambiek uit Suid-Afrika gesmokkel, na China of Vietnam.

Stirton het meer as 30 sulke tonele afgeneem terwyl hy aan die storie gewerk het. 

Hy het ook die topprys in die fotojoernalis-kategorie gewen vir dié foto. 

Daar het altesame meer as 50 000 mense van 92 lande ingeskryf vir die 53ste kompetisie – die wenners se foto’s word in die Verenigde Koninkryk en internasionaal uitgestal tussen Oktober 2017 en Desember 2018. Jy kan dit by die Natural History Museum in Londen* sien tot einde Mei 2018.

“Dit is so ’n skokkende toneel,” het die beoordelaars oor Stirton se foto gesê. “Ja, daar is rouheid, maar die gevalle reus het ook groot waardigheid wat ’n mens aangryp. Dit is simbolies van een van die wreedste en mees onnodige omgewingsmisdade.” 

Fotograwe kan van 23 Oktober tot 14 Desember inskryf vir volgende jaar se kompetisie.

Watter van die pragfoto’s is jou gunsteling? 

*Die Natuurfotograaf van die Jaar-kompetisie word ontwikkel en vervaardig deur die Natural History Museum, Londen.


“Crab surprise”: Justin Gilligan, Australië/Natuurfotograaf van die Jaar. Wenner: Gedrag: Invertebrate.
“The night raider”: Marcio Cabral, Brasilië/Natuurfotograaf van die Jaar. Wenner: Diere in hul omgewing.
“The jellyfish jockey”: Anthony Berberian, Frankryk/Natuurfotograaf van die Jaar. Wenner: Onderwater.
“The ice monster”: Laurent Ballesta, Frankryk/ Natuurfotograaf van die Jaar. Wenner: Die Aarde se verskillende omgewings.
“The good life”: Daniël Nelson, Nederland/ Natuurfotograaf van die Jaar. Wenner: Jong natuurfotograaf van die Jaar.
“Stuck in”: Ashleigh Scully, VSA/ Natuurfotograaf van die Jaar. Wenner: 11-14-jariges.
“Giant gathering”: Tony Wu, VSA/Natuurfotograaf van die Jaar. Wenner: Gedrag: Soogdiere.