Sanparke

Sanparke bied vandag (Swart Vrydag) 40% afslag op aanlynbesprekings vir sekere verblyfopsies, kampplekke en staproetes. Dit geld vir besprekings vir tussen 15 Januarie 2019 en 14 Maart 2019. Die Krugerwildtuin se wildernis- en rugsakstaproetes kan ook teen afslag bespreek word vir datums tussen 15 Januarie 2019 en 28 Februarie 2019. 

Die volgende parke en kamplekke is ingesluit in die Swart Vrydag-aanbod:

• Agulhas- nasionale park 
• Augrabies-waterval- nasionale park 
• Bontebok- nasionale park 
• Kamdeboo- nasionale park 
• Tuinroete- nasionale park: Ebb-and-Flow; Diepwalle; Nature’s Valley 
• Golden Gate-Hoogland- nasionale park: Basotho Cultural Village; Glen Reenen; Golden Gate Hotel en chalets (chalets en hotelkamers)
• Krugerwildtuin: Bateleur; Letaba; Malelane; Maroela; Mopani; Pretoriuskop; Shingwedzi; Sirheni; Tamboti; Tsendze
• Mapungubwe- nasionale park: Leokwe; Limpopo-tentkamp; Mazhou
• Marakele- nasionale park: Bontle
• Mokala- nasionale park: Lilydale; Mosu
• Richtersveld- nasionale park 
• Tafelberg- nasionale park 

Kyk op Sanparke se webblad vir meer inligting.

Maak jou bespreking hier.

Kaapse Natuurbewaring

Grootvadersbosch. Foto: Gerda Engelbrecht

Gebruik Kaapse Natuurbewaring (CapeNature) se aanlyn-besprekingstelsel om 50% afslag te kry op verblyf by die volgende blyplekke en natuurreservate, vir datums tussen 9 Januarie 2019 en 31 Maart 2019:

• Gamkaberg
• Gamkaskloof
• Tuinroete (Goukamma)
• Overberg: De Mond; Grootvadersbosch; Marloth
• Sederberg (Kliphuis)
• Rocherpan 

Jy kan hier bespreek. Soek die natuurreservate wat met ‘Black Friday’ gemerk is, en maak jou bespreking.