Die nuwe Tiguan Allspace is nou 4 701 mm lank en spog met ’n derde ry sitplekke – en die passasiers in die tweede ry het 60 mm ekstra beenruimte.

Met die derde ry sitplekke in gebruik is daar 230 l pakplek, maar wanneer hulle platgeslaan is, kry jy ’n enorme 700 l ruimte – 115 l meer as in die gewone Tiguan.

As ál die agterste sitplekke platgeslaan is, word die volume verhoog tot 1 775 l – genoeg om ’n branderplank in te laai.

Die Tiguan Allspace word aangedryf deur ’n 1,4 l- of 2 l-TSI-petrolenjin óf ’n 2 l-TDI-dieselenjin.

Alle modelle buiten die intreevlak- 1.4 TSI kry 4MOTION-allewielaandrywing standaard.

Hier’s die pryse:

• 1.4 TSI 110 kW Trendline DSG R463 400

• 2.0 TSI 132 kW Comfortline 4MOTION DSG R523 800

• 2.0 TDI 110 kW Comfortline 4MOTION DSG R571 100

• 2.0 TSI 162 kW Highline 4MOTION DSG R604 800 


Lees nog nuusbrokkies uit ons Junie-uitgawe hier.