Hier was reeds ’n bietjie lewe op die dorp in 1928, maar die eerste permanente strukture is in 1936 gebou – dis wat jy sien op die foto hier bo. Die dorp het eers ná die Tweede Wêreldoorlog baksteengeboue gekry.

Gaan loer op Oranjemundonline vir nog ou foto’s van Oranjemund. Mike Alexander, wat deesdae mede-eienaar van die Spar op die dorp is, het deur die jare verskeie foto's van die dorp versamel. Hier is 'n paar foto's uit sy argief:

Oranjemund in 1948
Oranjemund in die vyftigerjare
So lyk Oranjemund in die 1960s vanuit die lug.
Die Beauvallonplaas het vars produkte en vleis aan die dorp verskaf.
Die dorp se groentemark
Die gebou staan bekend as die Gemeenskapskerk. Dis oorspronklik gebou as ’n interkerklike gebou, om verskillende gelowe te akkommodeer. Die Anglikaanse kerk het op die ou einde meestal die gebou gebruik.
'n Lugfoto van die dorp geneem in 2005.

En hoe lyk dinge deesdae op die dorp? Evan Naude het onlangs gaan kuier. Hier is van sy foto's. 

Gemsbokke is 'n algemene gesig op die dorp.
Die Gemeenskapskerk het nie veel verander nie. Kyk 'n bietjie weer na die Toe-foto's.
Die mond van die Oranjerivier
Gaan maak 'n draai by Gerildine Jossop se Ice Cream Caravan.
Die Sand Sharks-swemklub
Die Sherman-tenks het diens gedoen in die Tweede Wêreldoorlog. Hulle is in 1940 na Oranjemund gebring. Die tenks kon baie lekker ry op die sagte woestynsand en is gebruik vir mynbedrywighede.

Lees Evan se volledige storie oor die besonderse dorp hier.