Die Verenigde Nasies se Omgewingsprogram (UNEP) skat dat daar teen die huidige besoedelingstempo teen 2050 meer plastiek in die see gaan wees as visse.

Dis egter maklik om ’n verskil te maak: Al meer mense en winkels begin nee sê vir plastiekstrooitjies. En maatskappye soos The Bamboo Project bied omgewingsvriendelike alternatiewe soos bamboesstrooitjies wat meer as een keer gebruik kan word.

Bamboes is liggewig en duursaam en jy kan die strooitjies weer en weer gebruik as jy dit oppas. Wanneer dit tyd is om die strooitjies te vervang, kan jy dit knip en by jou kompos gooi – dit is bio-afbreekbaar. Die ouens van The Bamboo Project skat hulle het sedert die maatskappy in Januarie vanjaar begin is, die gebruik van plastiekstrooitjies met 320 000 verminder.

Koste Vanaf R170 (vir 2 strooitjies van 20 cm elk, ’n lapbêresakkie en ’n skoonmakertjie). Jy kan ook ’n Happy Penguin-stelletjie van 6 strooitjies koop – dit kos R240, waarvan R20 aan Sanccob gaan.

Nog inligting thebambooproject.co.za

Wat kan jy nóg doen?
  • Gebruik jou eie koffiebeker vir wegneemkoffie – daar word wêreldwyd jaarliks 100 miljard enkelgebruikkoppies weggegooi!
  • Onthou jou herbruikbare winkelsakke as jy gaan inkopies doen.
  • Koop eerder oorstokkies van waspapier as plastiek


Bron: wwf.org.za