Trappers het ’n lys saamgestel van die belangrikste toerusting wat stappers nodig het.

1. Skoene, skoene, skoene

Jy kan nog met baie wegkom, maar as jy wil stap, het jy behoorlike stapskoene nodig. Stapskoene moet ’n stewige sool hê wat gemaklik is en jou voete beskerm. Hi-Tec se Altitude-stewels is al jare lank die pasaangeër in die stapskoenmark. Dit is waterdig, duursaam en gemaklik genoeg dat jy dit van sonsopkoms tot sononder kan dra. 

trappers
Die Hi-Tec Altitudes

2. Aan eie bas

Namate dit warmer raak deur die dag, raak dit belangriker dat jou klere jou teen die warm Afrika-son beskerm. ’n Veelsydige broek deur First Ascent word van ’n materiaal gemaak wat UV-beskerming bied, sweet en water weghou, en met ritssluiters in ’n kortbroek omskep kan word. Kies ’n gerieflike hemp wat jou vel bedek. Sintetiese stowwe werk beter as natuurlike stowwe soos katoen wat vog absorbeer.

trappers
Die pype rits af om 'n kortbroek te vorm

3. ’n Hoed is ’n moet

Jou kop, gesig en nek het ekstra beskerming nodig. Die breërandhoed van Terra Firma is ideaal.

trappers
'n Hoed is 'n moet

4. Op die rug

Noudat jou klere gereed is, kan jy op die rugsak fokus. Die Terra Firma Trailhead-rugsak is 25 liter groot en pas gemaklik op jou rug. Dit het verskeie maklik bereikbare sakkies en kompartemente sodat jy al die nodigste kan saamneem, maar ook nie in die versoeking kom om te veel in te pak nie. Wat moet jy saamneem: Jou kamera, eetgoed en iets om te drink.

trappers
Die Terra Firma Trailhead-rugsak

5. ’n Geïsoleerde bottel 

Dis lekker om jou drinkgoed in iets te bêre wat dit langer koel sal hou. As jy die Nero Frio koop, hoef jy nooit weer ’n bottel te koop nie. Jy sal nie spyt wees as jy ’n Stanley-fles vir jou koffie saamdra nie. En dis iets wat jou kinders by jou kan erf. 


Al hierdie produkte is by Trappers te koop.