Kyk hier na die video van Latest Sightings:

Hoekom tree die seekoeie só op?

L.D. van Essen verduidelik: Dit is jammer dat ’n mens nie die aanloop tot die voorval kan sien nie.

Dis egter baie duidelik dat dit ’n reaksie is om minstens een kalfie te beskerm. Hoewel seekoeie en krokodille dieselfde watergat benut, bly hulle versigtig vir mekaar. Krokodille kan en sal seekoeikalfies vang en eet.

Daar is heelwat voorbeelde in die natuur waar ’n trop/groep diere saamwerk om kleintjies te beskerm.

Ons kan die kalfie duidelik sien: By 0:22 in die video is hy in die linkerkantse derde van die skerm en by 0:45-0:54 beweeg hy van links na regs oor die skerm. Daar is dalk selfs meer as een kalfie in die groep.