Daniella was 'n paar jaar gelede in die Kruger- nasionale park en saam met ’n personeellid van Sanparke onderweg van die personeeldorp buite Skukuza na die hoofkamp, toe hulle op hierdie toneel langs die pad afgekom het.

Daniella vertel: “Ons het ongelukkig nie die vangs gesien nie ons was net net te laat. Dit was laatmiddag so by 5uur se kant. ’n Kar wat van vooraf aangekom het, het sy ligte geflikker om te se ons moet stadig nader kom. tot ons die twee gesien eet het.

Die aasvoëls net begin nader kom. Dit is iets wat ek nog nooit gesien het nie. In al my jare wat ek wildtuin toe gaan, is dit die eerste keer dat ek so iets gewaar. Dat die twee roof diere saam eet was vir my net WOW!”

Villiers Steyn, ’n safarigids, wildfotograaf en luiperdkenner sê dit is uiters ongewone gedrag vir die diere: “Dis bitter skaars! Ek het dit nog net een keer van tevore gesien op ’n video van NatGeo Wild se Caught in the Act gesien.

Op daardie video het presies dieselfde gebeur. My teorie is die volgende: Die luiperd het die rooibok gevang, maar het nie genoeg tyd gehad om dit in ’n boom op te trek voor die hiëna opgedaag het nie. Aanvanklik jaag die groot hiëna die kleiner luiperd weg, maar die luiperd besluit om ’n kans te waag en stadig nader te kruip.

Niemand is lus vir baklei nie en solank albei partye wegbly van aggressiewe gedrag (soos ’n gegrom, ens), is daar ’n kans dat hulle in rus en vrede saam kan vreet. As daar meer as een hiëna was, sou dit waarskynlik nie gebeur het nie.”

Daniella van den Bergh
Daniella van den Bergh
Daniella van den Bergh
Word deel van die Weg-wêreld

Teken in op ons nuusbrief en ontvang elke week lekker leesstories, resepte en inligting oor ons nuutste toere en slypskole in jou inboks. Volg ons op die YouTube-kanaal WegTV (kyk ons nuutste video's eerste!), asook Instagram en Facebook