Volkswagen is reeds besig met stappe om binnebrandenjins uit te faseer en hoop om oor vyf jaar in alle erns in elektriese aandrywingstelsels te belê. ’n Bedrag van €44 miljard (sowat R715 miljard) is opsy gesit vir dié gedaanteverwisseling, en volgens Volkswagen se hoof van strategieë, Michael Jost, gaan hulle veral fokus op selfry- en deeltitelvoertuie.

Europese motorvervaardigers het die afgelope paar jaar begin agter raak met Chinese vervaardigers wat elektriese aandrywing gretig omarm het, ’n saak waaraan Volkswagen nou ernstig iets wil doen. 


Lees al die nuusbrokkies wat in ons Februarie-uitgawe verskyn hier.