As jy byvoorbeeld nie kans sien om die huispaaiement vir ’n plekkie by die see te betaal nie, kan jy by airbnb aansluit en ’n strandhuis enige plek ter wêreld huur, en jy kan boonop jou eie eiendom aan ander vakansiegangers verhuur.

Wel, by GoGet kan jy nou kamptoerusting soos rugsakke, tente en fietse huur.

Deur op die webblad te registreer kan jy kamptoerusting naby jou vakansiebestemming soek, die eienaar van daardie toerusting kontak en dit gaan haal sodra jy in jou vakansiedorp opdaag. Betaling vind plaas op die webblad en jy hoef dus nie jou beursie op ’n vreemdeling se stoep oop te maak nie.

Teen druktyd kon jy ’n trapfiets teen R120 p.d. huur in Langebaan, en ’n ander man se snelboot in Harrismith gebruik vir R3 200 p.d. Sodra jy geregistreer is, kan jy ook jou eie toerusting verhuur terwyl jy dit nie self gebruik nie. Dis dalk ’n slim manier om jou duur GPS vir homself te laat betaal.

Kontak  goget.co.za

Lees hier nog nuusbrokkies wat in die Weg Ry & Sleep van Maart 2018 verskyn.