Die leser Jack Steyl (15) van Franschhoek vertel:

"Ek en my gesin het op ’n jong luiperd met ’n rooibokvangs afgekom in ’n boom suid van die Satara-ruskamp in die Kruger. ’n Paar minute later het ons ’n hiëna onder die boom gewaar. Dié opportunis het vir ’n stuk vleis gekerm. Skielik het die rooibok teen die tak begin afgly. Die luiperd het die prooi gegryp en teen die boom afgehardloop.

Op die grond het die hiëna nie op hom laat wag nie en ’n bakleiery het gevolg. Ek het dié foto net voor die onderonsie geneem. Die luiperd en die hiëna het ongedeerd daarvan afgekom. Raai wie het gewen? Die hiëna!"

Jack se suster, Zara (13) het ’n video van die onderonsie gemaak. Kyk hier daarna: