Maar toe sukkel die kleintjie op pad terug… die leser Jermanneke Havemann het die oomblik vasgevang:

Dis die tweede keer dat Havemann sien hoe olifante oor dié muur naby die Dolomite-kampterrein in Renostervlei, Etosha klim. Sy vertel:

“In 2016 was die watergat so te sê leeg. Ons het toe ook op die olifante afgekom wat oor die muur klim op soek na vars water uit die tenk. Dié jaar was ons weer daar, gelukkig is die watergat weer vol water, maar olifante vergeet mos nie! Tot ons verbasing klim hulle nog steeds oor. Die kleintjie het reggekom om oor die muur te klim, en die terugkomslag was maar ’n gesukkel…” 

Kyk na dié foto’s wat Havemann tydens die jaar se vakansie geneem het – hulle het twee weke in die Okaukuejo-Halali en Dolomite in Etosha deurgebring. Nóg olifante het 26 Junie hulle verskyning gemaak naby die Aus-watergat!

Havemann voeg by: “My man en ek woon in Swakopmund en ons twee gaan elke jaar Etosha toe, en sal nooit moeg word daarvan nie. My man is 80 en en ek is 75! Maar ons het besluit… terwyl ons kan sal ons na Etosha gaan, solank lewe hou en ons dit nog saam kan doen.”

Havemann het ook in 2016 foto’s van daardie jaar se petalje aan Weg gestuur. Lees die berig hier. 

ONS SOEK JOU NATUURLEWEVIDEO'S

Het jy ’n gunsteling-natuurlewevideo waarmee jy by elke familie-byeenkoms spog? Deel dit met ons!

Saam met NetNuus gee ons weekliks R1000 weg vir die video wat die meeste stemme gekry het. Hoe werk dit? Laai die NetNuus app hier af. Gaan na die video-afdeling en klik op die plus (+)- teken om jou video op te laai.

As jy wen, kan jy ook nog vir ons die storie agter die video stuur. Wie weet, dalk publiseer ons dit in Weg!

LEES MEER HIER.