Naamsa berig 147 365 passasiersvoertuie, 66 942 ligte kommersiële voertuie en 13 883 medium- en swaarvoertuie is in Augustus 2020 verkoop.

Die syfers is 26% laer as in Augustus 2019, maar dis ’n verbetering op die voorafgaande maande sedert die pandemie uitgebreek het. Toyota loop oudergewoonte voor met 7 743 totale verkope in al die voertuigkategorieë, gevolg deur Volkswagen met 5 181, Ford se 2 810, Hyundai met 2 460 en Nissan met 2 198 verkope.

Ietwat meer kommerwekkend is die skerp daling in voertuiguitvoere. Dit het met 47% gedaal teenoor 2019, maar kundiges in die bedryf voorspel dat uitvoere weer sal styg sodra internasionale grense oopmaak en handel terugkeer na normaal.

Word deel van die Weg-wêreld
Teken in op ons nuusbrief en ontvang elke week lekker leesstories, resepte en inligting oor ons nuutste toere en slypskole in jou inboks. Volg ons op die YouTube-kanaal WegTV (kyk ons nuutste video's eerste!), asook Instagram en Facebook