Die roete is sowat 10 km heen en weer, maar daar is ’n pendeldiens, veral vir kinders, wat die roete dan tot net 5 km verkort. Pak eetgoed en iets te drinke in of bestel vooraf (minstens twee dae voor jy stap) ’n piekniek van die Dirtopia Café-spyskaart af (vanaf R80 p.p. vir byvoorbeeld: ’n toebroodjie, vrug, jellielekkers en ystee).

Dra stapskoene en bring iets warms vir wanneer die son gesak het. Die Dirtopia Café is tot 10 nm. oop as julle ná die stap iets wil eet of drink.

Wanneer? 21 en 22 Desember, vanaf 5 nm. af en nie later as 7 nm. nie. Jy behoort rondom 8.30 nm. terug te wees by die Trail Centre.

Waar? Dirtopia Trail Centre, Delvera-plaas, op die R44 tussen Klapmuts en Stellenbosch.

Koste R100 p.p.; R50 per kind jonger as 10. Dit sluit die pendeldiens en ’n kaart in.

Nog inligting en besprekings 021 884 4752; dirtopia.co.za. Besprekings is noodsaaklik.

Wat nog? Daar is ook ’n Oujaarstap op 31 Desember vanaf 4.30 nm. Kom kyk hoe die son 2018 groet. Dit kos R150 p.p. en R60 vir kinders jonger as 10 en jy kry ook ’n glas vonkelwyn (of sap vir die kleingoed).