Die insekkenner DUNCAN MACFADYEN antwoord: Dié blaar-katydid is lid van die Tettigoniidae-familie. Hulle is puik kamoefleerders. Trouens, selfs hulle aarstelsels lyk soortgelyk aan dié van ’n blaaroppervlak. Die mannetjie het klankorgane op die agterste hoek van sy voorste vlerke.

Hy produseer klank deur twee dele van sy lyf teen mekaar te skuur. Die een is ’n kam met ’n rowwe rif en die ander ’n plektrum wat die vibrasie teweeg bring. Die wyfies antwoord dié gekras met ’n tjirp wat klink soos “katy did”, vandaar die naam.