Wat wil jy vir Kersfees hê?

Hier by Weg Ry & Sleep is dit nou sulke tyd en ons wil ’n klompie van ons getroue lesers ’n bietjie verras met ’n spesiale geskenk.

Ons weet hoe dit voel om ’n pak sakdoeke of ’n soap-on-a-rope in jou Kerskous te kry wanneer jy eintlik ’n nuwe kompressor, jerrykan, kampstoel of koepeltent wou gehad het.

Daarom span ons met Outdoor Warehouse kragte saam om te verhoed dat jy vanjaar weer moet voorgee om bly te wees oor die sokkies, pen-en-potloodstel en gholfballe wat onder die Kersboom vir jou wag.

Al wat jy moet doen is om Outdoor Warehouse se aanlynwinkel te besoek en daar rond te snuffel vir die geskenk wat jy wil hê.

Wanneer jy dié produk sien, kopieer die webskakel, plak hom in ’n e-pos en vertel ons hoekom jy dit graag wil hê en hoe dit jou buitelewe-avonture beter gaan maak. Heg ook ’n foto van jouself met die jongste uitgawe van Weg Ry & Sleep aan en onthou om te sê waar jou naaste Outdoor Warehouse is. Stuur dit voor 12 Oktober vir ons by rysleep@weg.co.za en merk die e-pos “Kerskous”.

Wie weet? Dalk is jy een van die gelukkiges wat vanjaar bederf word met ’n Kersgeskenk wat jy régtig wil hê. 

  • Net inskrywings wat aan ál die bogenoemde vereistes voldoen sal oorweeg word.