Sy’t aanvanklik gedink dat die uil albinisties is, maar as jy na die tone kyk, is dit duidelik dat nie al die naels en ook nie die bek wit is nie.

Die antwoord is...

Ná heelwat navorsing het dr. Hanneline Smit-Robinson, ’n direkteur van BirdLife Suid-Afrika, die antwoord gehad.

Volgens haar is dit wel ’n gevlekte ooruil, maar is die uil leukisties. Leukisme is ’n genetiese afwyking van verminderde pigmentasie wat veroorsaak word deur ’n resessiewe geen. Dit beteken daar is wel nog natuurlike kleure sigbaar en die uil is nie spierwit nie.

Haar kuikens sal nie noodwendig dieselfde kleure vertoon nie; hulle kan heel normaal wees.