Jy sal ná dié  naweek beter toegerus wees; of jy nou met ’n mik-en-druk of D SLR foto’s neem. Dié naweekslypskool sal boonop verseker dat jy wegstap met ’n hele versameling pragfoto’s van die Karoo-landskap.  Die beroepsfotograaf Sam Reinders bied die naweeksessies aan.

NAWEEKSLYPSKOOL

16-18 Maart 2018, Blesfontein-gasteplaas, Sutherland

Hoeveel?

R3 400 p.p. vir die naweek.

Ingesluit: Blyplek die Vrydag- en Saterdagaand op die gasteplaas (die plaas is 40 minute van Sutherland af geleë). Aandete die Vrydag- en Saterdagaand en ontbyt die Saterdag en Sondag.

Nie ingesluit: Vervoer en middagete die Saterdag.

Tyd: Die werkswinkel begin om 3.30 nm. Vrydag en eindig om 12 nm. Sondag.

BESPREEK NOU:

Kontak Donvé Myburgh by 021 443 9830; donve.myburgh@media24.com