Weg!, en ons sustertydskrif Weg! Ry & Sleep, word saam met van die land se voorste Afrikaanse tydskrifte soos Landbouweekblad, Finweek, Tuis, Sarie, Kuier, Baba en Kleuter en Huisgenoot deel van Netwerk24.

Dit beteken dat jy al die Afrikaanse koerante (Beeld, Die Burger, Volksblad en Rapport), asook 30 gemeenskapskoerante én al die bogenoemde tydskrifte in een digitale huis gaan vind. Netwerk24, wat sy reputasie gebou het op die varste nuus van die dag, kommentaar en ontledings, word nou nog groter met die toevoeging van ons tydskrifte.

In die volgende twee weke gaan daar ’n klomp dinge gebeur. Kyk bo-aan Netwerk24 en jy sal reeds ’n klomp skakels sien wat jou na die onderskeie tydskrifte se webtuistes neem. Binnekort gaan jy ook op e-publikasies kan klik en ’n digitale kopie van enige van die koerante of tydskrifte (ook TV Plus en SA Jagter) op jou selfoon, tablet of rekenaar kan lees. Hierdie gaan nes die gedrukte tydskrif lyk.

Daar gaan ook meer as een manier wees om tydskrif-stories te geniet, en van 1 November gaan die meeste tydskrifartikels ook in ’n webvriendelike formaat beskikbaar wees.

Hoe kry ’n mens toegang tot al hierdie dinge? Teken in op Netwerk24 vir slegs R99 per maand. Al die sterkste nuus en beste stories in Afrikaans is nou op een plek, en dit kos minder as ’n koppie cappuccino per week.

Welkom by ons nuwe tuiste!

Pierre

Redakteur: Weg!