’n Mens is dikwels op die langpad op soek na vermaak (jy kan ook net só lank na dieselfde CD’s of radiostasie luister!). Weg Stories, ons nuwe podcast, is die antwoord. Dis soos om die tydskrif te lees, behalwe dat jou hande op die stuur en jou oë op die pad is! Of dalk wil jy dit in die agtergrond aansit terwyl jy kosmaak. Lees hier vir meer inligting, en om na die eerste vier episodes te luister.

Het jy nog nooit na podcasts geluister nie? Dis maklik! Klik hier vir ’n volledige gids

Wat is ’n podcast?

Dit is enige reeks digitale klank- of video-episodes wat luisteraars op ’n gereelde basis kan aflaai en waarop ’n mens kan inteken. Baie mense noem dit die nuwe vorm van radio, maar hoewel baie radiostasies wel podcasts het, is die meeste podcasts in die algemeen minder formeel as ’n radiostasie.

Wat is Weg Stories?

Dit is Weg se eie podcast. In elke episode word een van die beste rubrieke uit ons argief voorgelees. Ons kry sover moontlik die skrywer self om die voorleeswerk te doen, en sommer ’n staaltjie of twee van gebeure agter die skerms te deel.

Wanneer kan ek dit luister?

Ons skop die podcast af met 4 episodes, wat almal reeds beskikbaar is. Van nou af verskyn daar elke tweede Woensdag ’n splinternuwe episode. Episode 5 sal dus 15 November beskikbaar wees. 

Wat gaan dit my kos?

Nie ’n sent nie! Weg Stories is heeltemal gratis. Indien jy dit geniet en jy voel jy wil wel ’n bydrae maak, sit weg jou beursie en maak eerder so: Gaan na iTunes en skryf ’n resensie en gee die podcast ’n punt uit vyf. Dit maak dat meer mense Weg Stories sien. 

Episode 1 – Sout van die aarde deur François Haasbroek

Episode 2 – Daai draffie oor die pad deur Toast Coetzer

Episode 3 – Die vreugde van die alledaagse deur Sophia van Taak

Episode 4 – Deur Gugs op ’n jakkalsdraffie deur Erns Grundling

Regsklik op die titel ("save link as") om dit af te laai.

Onthou om in te teken om dadelik jou nuutste episode van Weg Stories op jou toestel te ontvang.