ST. JOHANN, OOSTENRYK 

Hierdie is die ideale ski-plek vir beginners. St. Johann is ’n tradisionele Oostenrykse skidorp, net 2,5 uur van die München-lughawe af.

Die dorp het sowat 40 restaurante en kroeë, en geriewe waar beginners hulle “sneeubene” kan vind. Ons groep bly in ’n hotel wat 100 m van die ski-hyser af is.

TOERPRYS 

*Vanaf R31 358 p.p. wat deel

Dit sluit in

• Vlugte van en na O.R. Tambo-lughawe, en vervoer na en van die ski-oord 

• 7 nagte verblyf in ’n standaarddubbelkamer in die Panorama Hotel (ontbyt ingesluit) 

• 5 driegang-aandetes by verskillende restaurante op die dorp 

• ’n Sesdag-ski-pas 

• Huur van ski-toerusting vir ses dae (stewels, ski’s en ski-stokke) 

• Reisversekering met dekking vir tot R25 miljoen vir tien dae

Datum

11-20 Januarie 2019


LIVIGNO, ITALIË 

Livigno is ’n gewilde ski-plek onder Suid-Afrikaners. Die oord is sowat vier uur van die Milaan-lughawe af. Die dorp is ’n belastingvrye sone vir buitelanders en het ’n groot verskeidenheid winkels, kroeë en restaurante. Beginnerskiërs is welkom.

TOERPRYS 

*Vanaf R32 918p.p. wat deel

DIT SLUIT IN 

• Vlugte van en na die O.R. Tambolugawe na Milaan, met vervoer na en van Livigno 

• Sewe nagte se verblyf in ’n dubbelkamer by die Garni La Casetta (ontbyt ingesluit) 

• Vier driegangetes by verskillende restaurante op die dorp 

• Sesdag-ski-pas • Huur van ski-toerusting vir ses dae (stewels, ski’s en ski-stokke) 

• Reisversekering vir 10 dae met dekking ter waarde van R25 miljoen

DATUM 

11-20 Januarie 2019


UITGESLUIT (vir albei toere) 

• Paspoort en visums 

• Maaltye en drankies wat nie genoem word nie 

• Koeriergeld en toerismebelasting (wat in die oorde betaal moet word) 

• Ekstra vlugte wat nie genoem word nie 

• Ski-lesse 

• Vermaak wat nie genoem word nie

*ALLE PRYSE IS ONDERHEWIG AAN WISSELINGE IN GELDEENHEDE, VLIEGTARIEWE EN BELASTINGVERHOGINGS. PRYSE SAL OOK VERSKIL OP GROND VAN REISTYE – AANGEDUIDE PRYSE IS GEBASEER OP REIS TUSSEN 12 EN 16 JANUARIE 2019.
JA! EK STEL BELANG!

Kontak skiing@puretours.co.za vir meer inligting of skakel Sofia/Kai/Nicole 0861 123 754 en om jou plek te bespreek.