Kry vir jou ’n Stapgids en kies ’n roete vir ’n week in die wildtuin, ’n avontuur diep in die Drakensberg of sommer net ’n Saterdagoggend iewers in ’n klofie met ’n swemplek. Een van die dae sal ons weer ons rugsakke kan pak en ’n koers inslaan na daar waar die veld en voetpad jou weer mens maak.Nou op die rak.

Kry jou digitale kopie op Magzter, of bestel dit vir aflewering by Weg se aanlynwinkel!

Wen rugsakke van First Ascent

Ons vier dié jaar se stapgids met ’n kompetisie! Het jy lekker stapfoto’s? Laai hulle tussen 3 en 12 Julie 2020 op Instagram en jy kan een van twee First Ascent-rugsakke wen!

Eerste prys is First Ascent se Jupiter II 65-liter +10-liter-staprugsak ter waarde van R2699. Dié meneer se verstelbare ABS (Adjustable Back System) sorg dat jy minder stres op jou rug het wanneer jy stap – en meer tyd om die wildernis te geniet! Dis perfek vir enige langer staproete, of jy nou die Otter of die Vis wil aanpak.

Tweede prys is First Ascent se Venus II 55-liter + 10-liter-staprugsak ter waarde van R2499. Dis die kleinboet van die Jupiter-sak, maar spog met dieselfde ABS-tegnologie wat verseker dat jy die sak vir die uiterste gerief kan verstel. Of jy nou in die Bosveld of langs die Wildekus wil gaan voetslaan – die Venus staan gereed.

Jupiter
First Ascent se Jupiter II 65-liter +10-liter-staprugsak ter waarde van R2699.
Venus
First Ascent se Venus II 55-liter + 10-liter-staprugsak ter waarde van R2499

Albei sakke is gemaak van duursame materiaal. First Ascent se slim ontwerpe word al jare lank beproef op staproetes reg oor Suid-Afrika. 

Hoe werk dit? Merk jou stapfoto met #WegFirstAscent of #GomagFirstAscent wanneer jy dit op jou Instagramprofiel deel. Tag ook @firstascentsa, @menseselense en @gomagsa wanneer jy die foto laai.

Die foto moet tussen 3-12 Julie 2020 gelaai word.

Belangrik: Volg ook @firstascentsa op Instagram. Indien jou Instagramprofiel privaat is, maak dit tydelik “public”, anders gaan ons dalk nie jou inskrywing sien nie.

Moenie die inskrywings per DM (Direct Message) stuur nie.

Sluitingsdatum? Die kompetisie sluit om middernag op Sondag 12 Julie 2020. Die wenners word deur die Weg-redaksie gekies en word op 15 Julie aangekondig.

Wat moet die foto’s uitbeeld? Die foto’s moet stap uitbeeld, soos iemand wat in die berge voetslaan, iemand met ’n rugsak oor die skouer, iemand wat in die bos stap, iemand met ’n kierie in die hand, iemand wat uitkyk oor ’n vallei, jou staptent opgeslaan in ’n mooi plek, ’n groep stappers wat ontspan by ’n oornaghut, vuurmaak op ’n staptog, jou gunsteling-staproete, stapkos maak – dit maak nie saak waar die foto geneem is nie, dit moet net “stap” op een of ander manier uitbeeld. Daai soort foto wat jou sommer net lus maak vir gaan stap in die veld!

Jy kan soveel foto’s inskryf as wat jy wil. Dit mag ou foto’s wees, maar dit moet tussen 3-12 Julie gedeel word.