Neem jy tans puik foto’s by die huis wat jy wil deel? Of dalk is daar ’n foto waaroor almal altyd “oe” en “aa” op jou hardeskyf? Laai dit op Instagram; dalk bring dit jou iets in die sak! Dis tyd om jou beste foto’s in te skryf, want jy kan een van dié spogpryse van Fujifilm wen: 

Eerste prys: Fujifilm X-T200- spieëllose kamera met ’n 15-45 mm-lens ter waarde van R12 000 

Tweede prys: Fujinon 12x28- Techno Stabi-beeldgestabiliseerde verkyker ter waarde van R10 500 

Foto: Sam Reinders
"Goue lig". Foto: Sam Reinders
Sophia van Taak
"My gunstelingplek". Foto: Sophia van Taak
 Foto: Toast Coetzer
"Tekstuur". Foto: Toast Coetzer

Só werk dit: 

Elke week word ’n nuwe tema op die Woensdag aangekondig. Hou @menseselense op Instagram vir aankondigings dop. Die nuutste tema is "Nagfotografie". Die vorige temas is "Goue Lig", "My gunstelingplek" en "Tekstuur". Jy kan tot die sluitingsdatum inskryf vir enige van die temas.  

Laai jou foto’s op Instagram met die hutsmerk #WegFujifilm en tag ook vir @menseselense sodat ons jou inskrywing(s) kan sien.

Jy kan soveel foto’s inskryf as wat jy wil, maar die foto moet tussen 4 Mei – 4 Junie 2020 op jou Instagramprofiel gedeel word. Moenie foto’s wat vóór 1 Mei reeds op jou profiel verskyn het, tag nie.

Dit maak egter nie saak wanneer jy die foto geneem het nie: ’n Puik ou kiekie op jou hardeskyf sowel as ’n foto wat jy tydens inperking neem, is geldig. Solank dit net by een van die weeklikse temas pas. 

Die foto’s moet jou eie werk wees. Doen slegs die minimumredigeringswerk (helderheid, kleurversadiging, kontras) – moet asseblief nie inhoud “uitsny” (los daai irriterende takkie daar...) of by jou foto invoeg nie. Ons maak staat op jou eerlikheid. 

Die kompetisie sluit 4 Junie 2020 om middernag, en die wenners word op 10 Junie 2020 aangekondig. Die wenners word deur die Weg-redaksie aangewys. 

Ons behou die reg om jou foto (wenners én ander inskrywings) ook in Weg te publiseer.  

Meer oor die pryse: 

Fujifilm X-T200- spieëllose kamera + 15-45mm-lens (ter waarde van R12 000)

Fujifilm X-T200- spieëllose kamera
Fujifilm X-T200- spieëllose kamera
Fujifilm X-T200- spieëllose kamera

Die Fujifilm X-T200 is ’n perfekte reismaat. Dis klein genoeg dat jy dit oral kan saamvat, maar het al die tegnologie dat dit uitstekende foto’s neem.

Hierdie 24 MP-kamera weeg skaars 370 g, en het ’n beweegbare raakskerm wat jy teen verskillende hoeke kan draai, Wi-Fi-verbinding en 11 verskillende filmsimulasiemodusse. Dit neem 4K-video. Die X-T200 sal jou van vooraf verlief maak op fotografie! 

Lees meer hier.

Fujifilm X-T200- spieëllose kamera
Fujifilm X-T200- spieëllose kamera

Kompakte Fujinon 12x28- Techno Stabi-beeldgestabiliseerde verkyker (ter waarde van R10 500) 

Kompakte Fujinon-verkyker
Fujinon-verkyker
Kompakte Fujinon-verkyker
Fujinon-verkyker

Sukkel jy om die beeld stabiel te hou wanneer jy na diere of voëls kyk? Die Fujinon se ongelooflike stabiele beeld word moontlik gemaak deur sy Techno Stabi-tegnologie, wat met die druk van ’n knoppie geaktiveer word.

Die kompakte 12x28-verkyker is lig en ergonomies ontwerp vir wildkyk, sport, konserte en die sterrehemel – enige situasie waar jy beter vergroting wil hê, maar nie ’n driepoot wil gebruik nie.  

Lees meer hier.