In 2018 is 'n rekord opgestel vir die meeste nuwe woonwa-modelle, en in 2019 het die meeste vervaardigers by enige woonwaskou in Afrika hier vergader! Wat gaan 2020 bring?

Ry & Sleep is ook weer daar. Kom ontmoet die span, sien al die oulike goed wat ons verkoop en maak gebruik van ons spesiale intekenaanbiedinge.

Woonwaskou
Woonwaskou

Waar? Gallagher-konferensiesentrum, Midrand, Johannesburg.

Wanneer? 21-23 Februarie 2020. prys R120 p.p. (R60 vir pensioentrekkers en kinders; gratis vir o.12’s). Parkering kos R20.

Kaartjies by die ingang of webtickets.co.za

Lees meer: caravanshow.co.za

WEN KAARTJIES

Jy kan kaartjies wen vir die woonwaskou! Die organiseerders gee 50 kaartjies weg (twee paar kaartjies aan 25 wenners). Beantwoord dié vrae en vul jou besonderhede in vir 'n kans om te wen. Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 17 Februarie.