Jy hoef nie verder te soek as Weg/go!Weg Ry & Sleep/go! Drive & Camp en Weg/go! Platteland vir puik, betroubare reisinhoud nie. Elkeen van dié titels is ’n geliefde naam in Suid-Afrikaanse huishoudings en om ’n goeie rede: Ons fokus op bekostigbare maniere hoe elke Suid-Afrikaner ons land (en buurlande!) kan leer ken. 

Dit sluit in interessante vakansiebestemmings, puik roetes, die beste kampterreine en staproetes, watter ry- en sleepgoed jy vir jou reis benodig, en hoe om stadiger en lékkerder te lewe. Ons missie is om pragtige stories en praktiese inligting te deel wat elke leser aanmoedig om die pad te vat! 

Jy’t nou die kans om ’n bemarkingsveldtog van meer as R500 000 in al ons gedrukte reistydskrifte sowel as op ons digitale platforms te wen. Ons algehele gehoor bestaan uit bykans 1 334 603 mense. Vertel jóú storie in ons tydskrifte en digitale tuiste, en kyk hoe begin ons lesers saampraat... 

Wen
Wen R500 000 se advertensie-spasie by Media24 se reistydskrifte

Wat WEN JY?

• 1 x volblad-advertensie in Weg/go! en Weg Ry & Sleep/go! Drive & Camp (In die Maart 2020-uitgawes)

• 1 x dubbelblad-advertensie in Weg/go! en Weg Ry & Sleep/go! Drive & Camp (In die April 2020-uitgawes) asook die Weg/go! Platteland Herfs 2020-uitgawe

• 1 x volblad-advertensieartikel (“advertorials”) in Weg/go! en Weg Ry & Sleep/go! Drive & Camp (in die Mei 2020-uitgawes) 

• 1 x digitale artikel op weg.co.za en sosiale media-boodskappe (op Facebook, Tweets, en nuusbriewe), asook banieradvertensies op ons webwerf

• 2 banier-advertensies in die nuusbriewe vir Weg/go! en Weg Ry & Sleep/go! Drive & Camp.

Bepalings en voorwaardes

• Die kompetisie sluit op 20 Desember

• Die wenner sal op 13 Januarie 2020 aangekondig word

• Die wenner sal op verdienste verkies word deur ’n interne paneel wat deur Media24 aangewys sal word. Geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

• Die prys kan nie vir kontant verruil word nie en bestaande adverteerders kan nie kontrakte wat reeds in plek is (tot Mei 2020), kanselleer nie.

• Die wenner moet die vasgestelde promosieskedule volg en kan nie die veldtog uitstel nie. Die veldtog eindig Mei 2020.

SKRYF HIER IN