Toyota bly bobaas, met sy beste presteerder die Hilux teen 3 825 eenhede per maand en die Fortuner met 1 274 – dít is selfs meer as die Corolla se syfer.

Volkswagen behou sy 2de plek danksy die Polo-reeks wat saam byna 5 000 eenhede verkoop het, maar sy gewildste sportnuts was die Tiguan teen 525. Daar is 176 Amaroks verkoop.

Ford het 2 753 Rangers verkoop en 813 EcoSports. Hy word gevolg deur Nissan se NP300 wat ná al die jare steeds goed presteer met ’n verkoopsyfer van 603, gevolg deur die Qashqai met 489.

Hyundai se gewildste leefstylvoertuig is die Creta teen 413 en Renault het 186 Dusters verkoop.

BMW se geldmaker is die 3-reeks, maar wat sportnutse betref, verkoop die X1 ’n skaflike 224 eenhede per maand.

Isuzu vaar ook goed met sy 1 273 KB’s wat verkoop is, en laastens is 181 Kia Sportages van die hand gesit.

Vervaardiger
  • 1 Toyota 11 378
  • 2 Volkswagen-groep 7 541
  • 3 Ford 5 595
  • 4 Nissan 5 410
  • 5 Hyundai 3 065
  • 6 Mercedes-Benz 2 379
  • 7 Renault 1 904 
  • 8 BMW 1 713
  • 9 Isuzu 1 581
  • 10 Kia 1 517

Die verkoopsyfers is effens laer as in dieselfde tyd in 2017. Die departement van handel en nywerheid meen dis weens die ooraanbod van vakansiedae gedurende die eerste helfte van die jaar, maar dié argument klop nie, want in 2017 het ons ook vakansiedae gehad... 

Syfers verskaf deur NAAMSA


Lees nog nuusbrokkies uit ons Junie-uitgawe hier.