Vanjaar kan jy danksy Ladismith groot pryse wen met jou melktertfoto’s.
So werk dit:
1. Kry ’n melktert in die hande tussen 1 en 28 Februarie 2019!
2. Neem ’n foto (of video!). Plaas dit op jou Facebook-blad of Instagram-profiel en merk dit #mymelktert2019 en #ladismith
3. Eet (die res van) die melktert.
Dis so maklik soos dit!
Daar is geen reëls vir die foto’s of die melktert nie. Jy en jou gesin kan op die foto wees, jou hond kan ’n model wees, dit kan ’n klein of ’n groot melktert wees, dit kan in jou kombuis, by die werk indie personeelkamer of op ’n berg of die wildtuin wees.
Solank daar ’n melktert is, is jou inskrywing geldig. Maar, hoe interessanter die foto is, hoe groter is die kans dat ons dit sal raaksien. Soek Nasionale Melktertdag op Instagram (#nationalmilktartday) as jy inspirasie soek of net wil kyk wat mense al deur die jare met melkterte aangevang het.
Wat wen jy:
• Die beste melktertfotograaf wen ’n week se verblyf vir ’n paartjie in die wittebroodsuite van die Kob Inn Beach Resort ter waarde van R20 000. Dié hotel is minder as 100 m van die see af en by die Quorariviermonding.
Die prys sluit in: 7 nagte se verblyf, 3 etes per dag, alle aktiwiteite (soos perdry en kanovaarte) en ’n bottel vonkelwyn by aankoms. (Uitgesluit: vervoer na en van die hotel, en drankies.) Bepalings en voorwaardes geld.
• Drie naaswenners ontvang elkeen ’n handige Kitchen Caddy van Camp Cover ter waarde van R1 100. Die Kitchen Caddy is ’n pieknieksak wat plek het vir jou eetgerei, drinkgoed en selfs ’n melktert!
Gaan na weg.co.za vir die bepalings en voorwaardes van Weg-kompetisies.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET