Die lodge is maklik bereikbaar met enige motor – jy het nie ’n 4x4 nodig nie.

Al die verblyf is selfsorg, en die restaurant is ten volle gelisensieerd. Hier is twee kroeë, een by die restaurant en ’n strandkroeg net meters van die strand af. Jy kan dus jou skemerkelkie sommer op die strand geniet. Die Zona Braza-strand strek oor die horison uit en is omring deur ’n rotsrif met vlak poele wat ideaal is vir snorkel en veilig swem.

En as jy eerder sonder sand tussen jou tone wil swem, bring ’n luilekker middag deur in een van die lodge se drie swembaddens of strek langs ’n swembad op ’n gemaklike strandstoel uit.

Zona Braza Beach & Lodge
Zona Braza Beach & Lodge
Zona Braza Beach & Lodge

Aktiwiteite by Zona Braza Beach Lodge 

Zona Braza Beach Lodge bied die ideale vakansiebestemming vir vriende en familie aan die Mosambiekse kus met aktiwiteite vir alle ouderdomme. Bring asseblief jou eie visvang-, snorkel- en vlieërplanktoerusting.

Zona Braza Beach & Lodge
Zona Braza Beach & Lodge

• Swem by die veilige strande of bring die dag in een van die drie swembaddens deur

• Rots- en strandhengel

• “Drop shot”- en vlieghengel

• Snorkel in die ongelooflike koraalriwwe

• Vlieërplankry

• Potspel of veerpyltjies in die goed toegeruste vermaakarea

• Voëlkyk – die lodge is die tuiste van meer as 100 voëlspesies, onder meer die visarend, slanghalsvoël, klein dobbertjie, klein kuifreier en paradysvlieëvanger

• Die Wenela-getypoel, 2 km suid van die Xai-Xai-hoofstrand, het ’n natuurlike kanaal wat onderdeur die rif in die oseaan in strek. Met springgety vorm die holte in die rif se oppervlak ’n spuitgat. Die Pinksterkerk beskou dié poel as heilig en talle kleurryke doopplegtighede word hier gehou.

• Markte en stalletjies langs die pad verkoop ’n wye verskeidenheid artikels, soos vars vrugte en groente, seekos en klere. Jy kan selfs ’n hemp of rok vir jou laat pasmaak deur een van die baie naaldwerksters wat werkwinkels in die stalletjies by die markte het.

• ’n Groot deel van die Mosambiekse bevolking is Rooms-Katoliek en daar is ’n pragtige Katolieke kerk oorkant Barclays in die hartjie van Xai-Xai.

• Chidenguele, ’n dorpie 20 km van Zona Braza, huisves verskeie van Mosambiek se kultuurskatte. Daar is ’n hele paar pragtige kerke in die omgewing, soos die Nossa Senhora de Lourdes en Chidenguele-katedraal.

• Op Xai-Xai kan jy die oorblyfsels van die Chongoene-hotel verken, ’n vyfster-hotel gedurende die 1960’s en 1970’s wat in die oorlogsjare in onbruik verval het.

Zona Braza Beach & Lodge
Zona Braza Beach & Lodge
Zona Braza Beach & Lodge
Zona Braza Beach & Lodge
Zona Braza Beach & Lodge
Zona Braza Beach & Lodge

Verskillende verblyfopsies is beskikbaar.

Meer inligting:

info@zonabraza.com | www.zonabraza.com | tel: 00258 282 64016 (landlyn) | sel: +258 84 763 3076 (Engels of Afrikaans)

25° 0'43.67"S 34° 2'10.26"E

Chizavane (naby Xai-Xai), Gaza, Mosambiek