1. Hoog en droog

Nat voete is omtrent so welkom soos ’n rooi baret by ’n boerebasaar. Hierdie Salomons lyk soos tekkies, maar werk soos stapstewels. Dit is met Gore-Tex behandel om jou voete droog te hou, en verskaf ekstra vastrap op die afdraand. Kyk die koel kleure!

Prys: R2 199

Kry dit hier: salomonsports.co.za

2. Sag op die sak

Jy hoef nie altyd ’n fortuin op gemaklike loopskoene uit te gee nie.

Prys: R299,99

Kry dit hier: www.mrpsport.com

3. Bly koel

Hierdie langmou-T-hemp sal jou warm hou op daai tussenindae.

Prys: R369

Kry dit hier: salomonsports.co.za

4. Ma se stylvolle kannetjie

Maak haar koffiebreek ’n elegante ruskansie. Gooi hom solank in die mandjie vir Moedersdag.

Prys: R849

Kry dit hier: capecoffeebeans.co.za

5. Elke druppel tel

Dis nie net die Kaap wat op ’n waterramp afstuur nie. Hier is ’n maklike en doeltreffende manier om minder water in die stort te gebruik. 

Prys: R249

Kry dit hier: www.faithful-to-nature.co.za

6.  ’n Broek vir elke geleentheid

Hierdie broek is van ’n ligte, tegniese materiaal sodat hy ewe tuis is om die kampvuur in die bos as in die fliekteater in die mall.

Prys: R1 099

Kry dit hier: salomonsports.co.za

7. Naweekdrag

Verruil jou kantoorpakkie oor naweke vir ’n sagte linnebroek. 

Prys: R239,99

Kry dit hier: www.mrpsport.com

8. So gemaklik

Hierdie pofbaadjie is so snoesig en warm, jy sal bly wees as die winter hier is. 

Prys: R299,99

Kry dit hier: www.mrpsport.com

9. Beskut teen die koue

Op ’n staptog, kan hierdie mat die verskil wees tussen lekker slaap en verkluim. 

Prys: R199

Kry dit hier: www.mrpsport.com

10. Kappietop 

Die top is eintlik vir Pa bedoel, maar hierdie kleur en styl is so in die mode, jou tiener gaan dit dalk steel. Ag, teen hierdie prys, wie gee om?

Prys: R279,99

Kry dit hier: www.mrpsport.com