Die Worcester Wyn- en Olyfroete is ’n ervaring in ’n vriendelike, ouwêreldse plek vol egte humor en mense wat graag glimlag, en waar die wyn werklik puik is. Die ou spreekwoord ‘vriendelikheid kos niks nie’ word op hierdie roete geleef en met die besoekers gedeel. 

Om Worcester van Kaapstad af te besoek moet jy óf oor die Du Toitskloofberge te ry óf deur die Hugenote-tonnel. Dit klink dalk ’n bietjie ver, maar is in werklikheid net ’n paar minute meer as ’n uur se ry van die Moederstad af. 

’n Bekende sprokie lui dat daar ’n pot goud aan die einde van ’n reënboog is. Wel, op die Worcester Wyn- en Olyfroete kom ry jy saam op al die kleure en skakerings van ’n reënboog om op die ou end ’n skatkis vol goue ervarings te hê. 

Ontdek Worcester se wyn- en olyfskatte. Kom kuier gerus vir ons in die pragtige Breederiviervallei en ontdek die Worcester Wyn- en Olyfroete – dit sal jou aangenaam verras. 

Dis hier waar jy wyn met ’n glimlag oopmaak, want die prys is fantasties en die wyn nog beter!

Kom ons vertel ’n bietjie meer oor ons wyn... 

Sommige wynkenners sal sekerlik amper boeke kan skryf oor ’n glas wyn. Ander sal net sê: Dis genotvol, dís wat ek drink, en dan verder stilbly en dit geniet. Die doel van wynmaak is om ’n produk te lewer wat geniet kan word. Die Worcester Wyn- en Olyfroete bied wyn vir die connoisseur, die versamelaar, die een wat elke teug waardeer.

Kelders langs die roete bied van die beste muskadel, gehoute chenin blanc, chardonnay en rooiwynversnitte in die land. 

Hier is ook wyne wat ’n mens met ’n groot glimlag oopmaak, want die prys is fantasties en die wyn nog beter! As jy die tyd gehad het, sou jy elke dag daardie koue vars sauvignon blanc of geurige rosé op jou voorstoep wou sit en geniet – met of sonder geselskap! 

Die Worcester Wyn- en Olyfroete bied ’n kaleidoskoop van smaakervarings by 12 wynkelders, terwyl die Willow Creek-olyflandgoed se olywe en olyfolie met die beste in die wêreld vergelyk kan word. 

Kom geniet vars lug en oefening in die landelike Worcester. Ons bergfiets- en staproetes sal jou deur die wingerde en omgewing neem met pragtige uitsigte oor die omringende berge… gevolg deur wynproe en iets om te eet by ons pragtige kelders en restaurante.

Vir meer inligting oor die wynkelders, akkommodasie fasiliteite of feeste in die Worcester Wyn- en Olyfroete, besoek gerus www.worcesterwineroute.co.za, kontak 084 245 3922 of e-pos: info@worcesterwineroute.co.za. Jy kan ons op Facebook vind of volg op Twitter by @WorcWineRoute.

11 Lekker doendinge in Desember in die Breedekloof-wynvallei

As die Bolandse wynstreek ’n móói stiefsuster sou gehad het, sou dit die Breedekloof-wynvallei gewees het. Sodra jy deur die Hugenote-tonnel is, vou die mooiste landskap met van die beste wyne in Suid-Afrika voor jou oop.

As die Kaapse strande hierdie somer vir jou te vol raak, ry vir ’n dag uit na die Wyn- en Olyfroete in die Breedekloof-wynvallei. Hier is ons keuse van die 11 lekkerste dinge om te doen.

1. Jy kan nie verkeerd gaan met die Chenin Blanc in die Breedekloof-wynvallei nie

Die Breedekloof-wynvallei is dekades lank al sinoniem met Chenin Blanc – party plase het Chenin Blanc-wingerdstokke wat al in 1692 aangeplant is. Verskillende kelders bottel hul wyne onder die etiket van die Breedekloof Makers, en dit kan geproe en gekoop word by die Toerismekantoor van die Breedekloof-wynvallei.

Kontak: Breedekloof-wynvallei Toerisme
Tel: 023 349 1791
E-pos: info@breedekloof.com

2. Sny deur die vallei op ’n fiets

Verken die Slanghoekvallei al langs ’n 13 km lange bergfietsroete. Die roete begin en eindig by die Slanghoekkelder. Die roete is ideaal vir gesinne en beginners, maar daar is ’n addisionele roete van 4 km vir diegene wat op soek is na ’n uitdaging. (Of te veel geëet oor die feesdae.) Fietsryers moet registreer om toegang te kry.

Kontak Slanghoek vir meer inligting
Tel: 023 344 3026
E-pos: info@slanghoek.co.za

3. Maak die Italianer in jou wakker met die ‘wanna-be-Italiano’-kursus by Picardi Place

Skryf jou in vir ’n unieke en interaktiewe Italiaanse pastamaak-kursus. Die sjef en eienaar, Jaco Brand, ontvang gaste vir die dag en leer hulle hoe om regte pasta te maak.

Bespreek by Jaco Brand by Picardi Place

Sel: 082 788 9019

E-pos: jaco@picardiplace.co.za

4. Oor die bult by Jason’s Hill

Stap ’n lekker roete van 6,6 km in die berge met asemrowende uitsigte oor die Slanghoekvallei. Dis ’n stewige stappie wat jou 4 uur lank sal besig hou. Stappers moet bedags voor 13:00 by die kelder registreer.

Kontak Jason’s Hill plek te bespreek
Tel: 023 344 3256
E-pos: info@jasonshill.co.za

5. Geniet boetiek-skemerkelkies by Stofberg Family Vineyards

Drink ’n drankie met styl! Mariëtte Stofberg van Stofberg Family Vineyards distilleer haar eie boetiekjenewer, The Old N1 Fijnbos Gin, en boetiek-kinawater. Daar is ook boetiekfamiliewyne.

Sel: 082 8676 958
E-pos: mariette@stofbergfamilyvineyards.co.za

6. Gaan gróót met die Sondagmiddagete by Opstal

Geen besoek aan die Breedekloof-wynvallei is volmaak sonder ’n besoek en middagete by Opstal-wynlandgoed nie. Die restaurant het ook ’n kinderspyskaart. Selfs troeteldiere is welkom! Opstal-restaurant is oop van 09:00 tot 15:00 op ’n Sondag. Bespreek maar liewers.

Kontak Opstal vir meer inligting:
Tel: 023 344-3001
E-pos: wine@opstal.co.za

7. Kolwyntjies en wyn by die Kirabo- privaat kelder

Hierdie is ’n wynparing met ’n soet kinkel. Vir iets anders, kom geniet die landgoed se gewilde kolwyntjie-en-wyn-paring. Die kinders kan naderskuif vir ’n kolwyntjie-en-sap-paring. Bierliefhebbers moenie ry voordat hulle die landgoed se boetiekbier, Broers Brew Beer, uit die vaatjie uit gedrink het nie!

Vir meer inligting kontak Kirabo Private Cellar
E-pos: info@kirabocellar.co.za
Sel: 083 228 5191

8. Kry jou plekkie in die paradys by Dwarsberg se Trouthaven

As jy op soek is na rustigheid en vrede, sal jy dit by Trouthaven by Dwarsberg kry. Hierdie wegbreekplek is ’n gewilde kampeerplek. Kom kamp op die oewer van die kristalhelder Holslootrivier, wat wemel van die forelle. Daar is net 11 staanplekke beskikbaar. Bespreek liewers vooruit.

Kontak Trouthaven by Dwarsberg vir meer inligting
Tel: 023 349 1919
E-pos: info@trouthaven.co.za

9. Geniet ’n historiese wynproe by Deetlefs Wine Estate

Deetlefs is een van die oudste landgoedere in die Breedekloof-wynvallei en beslis ’n besoek werd. Hierdie landgoed is al 7 geslagte in dieselfde familie se hande en het baanbrekerswerk gedoen met die maak van wyn in die streek. Deetlefs Wine Estate bied doelgemaakte wynproesessies vir wynliefhebbers.

Kontak Deetlefs Wine Estate vir meer inligting
Tel: 023 349 1260
E-pos: bea@deetlefs.com

10. Word stil by die prentjiemooi Bosjes-kapel en -tuin

Die kapel, wat geïnspireer is deur Psalm 36:7, is ontwerp deur die argitek Coetzee Steyn van Steyn Studio. Die vloeiende dak laat dit lyk of die gebou op die watermassa voor die gebou dryf. Die landgoed bied ’n uitstekende eet-ervaring by die Bosjes-kombuis-restaurant, asook verblyf by die stylvolle nuwe gastehuis.

Tel: 023 004 0496
E-pos: Stay@bosjes.co.za

11. Ervaar Afrika se natuurlewe by Wysersdrift Game Breeders

Jy hoef nie bosveld toe te ry om wild te sien nie. Hier sal die buffels, blouwildebeeste, elande, kwaggas en baie meer voor jou oë galop. 

Kontak: Jacobus Griessel
Tel: 082 822 9497

Vir meer inligting oor die wynkelders, verblyf of feeste in die Breedekloof-wynvallei, besoek gerus www.breedekloof.com of kontak 023 349 1791. 

Volg hulle op Facebook vind of volg op Twitter @BreedekloofWine

Geborg deur: