Worcester

1. Verken die Worcester-erfeniswandelroete

Worcester het ’n fantastiese erfeniswandelroete wat jy saam met ’n toergids of op jou eie kan loop. Laai die kaart af by www.worcestertourism.com of kontak die Worcester-toerismekantoor. 

023 342 6244 / info@worcestertourism.com

Breedevallei
Kom stap in die Karoo-tuin

2. Stap in die Karoo-woestyn- Nasionale Botaniese Tuin 

Hierdie botaniese tuin huisves verskeie woestyn- en semi-woestynplante. Geniet die pragtige uitsigte langs die wandelpaaie, en die groot grasperke waar jy kan piekniek hou. By die waterwys kwekery is daar ook aktiwiteite vir die hele gesin.

www.sanbi.org/ 023 347 0785/ karoo-desert-nbg@sanbi.org.za

Breedevallei
Kom ry fiets in die vallei.

3. Ry fiets in Worcester

Fietsryers, veral bergfietsryers, het verskeie lekker roetes in die Worcester-omgewing waaruit hulle kan kies. Die roetes is geskik vir beginners tot gevorderde fietsryers. Gesinne met klein kinders kan die korter roetes ry, en vir die gesoute ryers is daar roetes wat elke spier in hul lywe sal toets. Jy het permitte vir verskeie van die roetes nodig. 

www.worcestertourism.com/ 082 413 8935 (Manic Cycle)/ francois@maniccycles.co.za

4. Stap in die berge

As jy van die natuur hou, sal Worcester jou hart steel. Kom slaap oor in een van verskeie gastehuise en stap een van die 12 staproetes in die Worcester-omgewing. 

www.worcestertourism.com/ 023 342 6244 (Toerismekantoor)/info@worcestertourism.com.

Breedevallei
Kom ry 4x4 by Klipbokkop.

5. Ry 4x4 (en drink bier) by Klipbokkop-bergreservaat

Die Klipbokkop-bergreservaat is ’n eksklusiewe konferensiesentrum wat in die Bolandberge, in die hart van die Kaapse blommeryk, versteek is. Die reservaat is bekend vir sy 4×4-opleiding by die General Tyre Adventure Academy, sowel as die bekroonde boetiekbierbrouery Mountain Brewing Co.

www.klipbokkop.co.za/082 579 4515/ 082 855 6936/info@kbkm.co.za

Breedevallei
Worcester Yacht Club.

6. Baljaar by die Worcester Yacht Club 

Die WYC is op die Brandvleidam geleë en is ’n paradys as jy lus het vir watersport, vars lug en sonskynweer. Kom seil, hengel, ski, ry vlieërplank, swem, braai, kamp en kuier.

023 343 2877/072 515 0955/bookings@wyc.co.za

7. Kom op ’n safari by Fairy Glen-wildreservaat 

Hierdie wildreservaat is aan die voet van die Brandwachtberge gesetel en bied rus en vrede ’n hanetree buite Kaapstad. Dis ’n Groot 5-reservaat. Bly oornag en hoor die leeus brul. 

021 424 9173 of stuur e-pos na reservations@fairyglen.co.za

8. Ry op die rivier by Bonamanzi Adventures

Bonamanzi is op die oewer van die Breederivier, minder as 90 minute vanaf Kaapstad, geleë. Roeiers van alle ervaringsvlakke en ouderdomme is welkom. Bonamanzi is ingerig vir skoolgroepe, spanbousessies en korporatiewe geleenthede. Dagbesoekers is welkom en pakkette vir oornagbesoekers is beskikbaar.  

www.bonadv.co.za/ info@bonadv.co.za

9. Kom ry perd by Mer-Dragon Equestrian Centre 

Die sentrum is in die Brandwachtvallei geleë en het professionele en ervare fasiliteerders op die terrein. Kom ry perd in die berge. Jong en senior ryers van alle ouderdomme is welkom.

082 624 6381/ karenallen144@gmail.com

10. Kom tot rus by Penhill Manor

Penhill Manor is ’n selfsorggasteplaas wat tot 24 mense kan akkommodeer. Die plaas het wifi en verkoop wyn. Jy kan die kelder huur vir ’n spesiale geleentheid. Kom ry bergfiets, stap, speel tennis, roei in ’n kano, hengel of kyk na die voëls.

www.penhill.co.za/ 023 342 0908/ info@penhill.co.za

11. Kom speel gholf by die Worcester-gholfklub 

Die Worcester-gholfklub is in Worcester geleë en is ’n besoek werd. Bring die familie!

023 342 7482/ manager@worcestergolfclub.co.za

Doendinge in die Hexvallei

1.  Speel ’n paar putjies by die Hexvallei-gholfklub     

Kom speel gholf met panoramiese uitsigte oor die wingerde. Die gholfbaan bied 9 putjies en ’n klubhuis. Die jaarlikse Golf Classic is ’n groot geleentheid op die kalender en strek nou al oor twee dae! Bring die familie en vriende.

 023 356 3379 | www.hexgolf.co.za

Breedevallei
Speel 'n paar putjies by Hexvallei-gholfklub.

2.  Bly in die afgeleë Groothoekhut

Avontuur is jou voorland, want Groothoekhut is in die Hexrivierberge geleë en kan net met ’n 4x4 bereik word. Gaan stap in die Groothoekkloof, ry fiets of soek lafenis in die koue bergstroom.   

082 774 4565 | www.arbeidadelt.co.za 

Breedevallei
Bly in die afgeleë Groothoekhut.
Breedevallei
Nou gaan ons braai
Breedevallei
Jy het 'n 4x4 nodig vir Groothoekkloof.

3. Soek avontuur by Kranskloof   

Met ’n goed toegeruste kombuis, goeie ablusiegeriewe en slaapsale is Kranskloof die ideale plek vir groepe van tot 80 mense. Bring jou skool- of kantoorgroep vir spanbou-aktiwiteite. Geleë in ’n bewaringsgebied. Kom hierheen vir ’n geo-skattejag, bergklim of bergfietsry. 

023 356 2359 | skriba@murraygemeente.co.za

Breedevallei
Swem in die dam by Kranskloof

4. Beleef die Karoo by Matroosbergstasie

Die veldskool kan tot 40 mense huisves en bied wonderlike avontuurgeleenthede vir skool- of kantoorgroepe.  Kom geniet ’n ware Karoo-avontuur!    

 061 583 4269 | graham@g1bt.com 

Breedevallei
Kom geniet 'n Karoo-avontuur by Matroosbergstasie.
Breedevallei
Welkom by Matroosbergstasie.

5. Leef na aan die natuur by Middelberg-gasteplaas     

As jy lus het vir ’n natuurervaring of ’n Karoo-leefstyl wil beleef, moet jy die Middelberg-gasteplaas besoek. Kom geniet die gemak van die Karoo terwyl jy oor die wild in die veld uitkyk. Stap of ry fiets in die Kwadouw-berge. Die kothuise is 90 minute buite Kaapstad geleë en bied goed toegeruste selfsorg-verblyf vir tot 10 mense, kampgeriewe en ’n 4x4-roete. Die ou pakuis genaamd “Die Koshuis” is ideaal vir sport- en kantoorgroepe, leierskapkampe en groepfunksies. Slaap tot 40 mense.   

082 927 0210/ carinh7@telkomsa.net

Breedevallei
Geniet die plaaslewe by Middelberg

Touwsrivier

1. Rus in styl by die Aquila Private Game Reserve and Spa

Aquila is ’n vierster-, gesinsvriendelike, Groot 5-safari-en-spa-bestemming wat minder as twee uur buite Kaapstad geleë is. Die reservaat laat kinders van alle ouderdomme toe op tradisionele 4x4-safari’s en bied verblyf in klip- en grasdakkothuise.

Los jou kinders onder toesig by die Kids Adventure Zone sodat hulle ’n middag van mini-gholf, reuse-skaak of ponieritte kan geniet, terwyl ma en pa in die tienvertrek-spa kan ontspan. Aquila het ook ’n unieke junior-wildbewaarderprogram wat kinders leer van bewaring, spoorsny en Groot 5-oorlewings.

Aquila/ 021 430 7260/res@aquilasafari.com

Breedevallei
Hier is verskeie roetes by Kopbeenskloof.
Breedevallei
Bring jou 4x4
Breedevallei
Kopbeenskloof.


2. Kom ry 4x4 by Kopbeenskloof

Kom ry die 2-3- of 5-ster-4x4-roete wat ’n lang afdraande met ontsnaproetes bied. Die 36,5 km loop deur verskeie plantstreke, wat insluit renosterbosveld tot fynbosveld met proteas. Die hoogte wissel van 700 m tot 1400 m.  Geniet die pragtige uitsigte, en na jou 4x4-rit kan jy lekker warm stort en braai.

www.kopbeenskloof.co.za/ kopbeenskloof.karoo@gmail.com/082 829 6308

Breedekloof

1. Geniet ’n wildrit by Wysersdrift

Die Wysersdrif Wyn & Natuurlewe Landgoed spog met ’n verskeidenheid van wildspesies, voël en plantlewe. Kom kyk wild in ’n oop safari-voertuig sodat jy die buffels, elande, kameelperde, koedoes en wildebeeste van naderby kan besigtig. Die kwaggateelprojek mik om die dier se getalle te laat toeneem sodat hulle teruggeplaas kan word in die natuur.

082 822 9497

Breedevallei
Kom kyk wild by Wysersdrift

2. Hou piekniek by Dwarsberg

As jy rus en vrede soek, is daar geen beter plek vir jou as Dwarsberg Trouthaven nie. As jy eers hier kampeer, sal jy verstaan hoekom: Jy kamp op die oewer van die Holslootrivier, wat vol forel is. Jy kan nou ook pizza, piekniekmandjies en ontbyt by Dwarsberg kry. Maandae tot Saterdae van 10:00 tot 16:00. Bespreking is noodsaaklik.

023 349 1919

Breedevallei
Dwarsberg.

3. Kom stap by Jason’s Hill

Kom stap die bergroete van 6,6 km en ervaar die natuur op sy beste. Die roete loop verby twee watervalle en ’n stroom waar jy in die wintermaande drinkwater kan kry. Moenie die roete onderskat nie. Stappers moet voor 13:00 in die pad val en jy kan tot vier uur aan die 6,6 km stap. Jy moet registreer by ontvangs.

023 344 3256

Breedevallei
Kom stap by Jasons Hill.

4. Kom proe wyn by Kirabo-privaatkelder

Kirabo-privaatkelder is ’n boetiek-wynprodusent in die Breedekloof-wynvallei. Die plaas word deur die vyfde geslag Le Roux-familie bestuur, wat bekend is vir hulle passie vir wyn. Kom geniet die kolwyntjie-en-sap-proesessie. Bierliefhebbers kan nader staan vir die landgoed se Broers Brew! Die Hendrik Kees-wandelroete neem jou op ’n maklike 2,3 km deur die veld, terwyl die 7 km- en 15 km-roete jou deur die berge neem.

Breedevallei
Kirabo
Breedevallei
Geniet die uitsigte by Kirabo

5. Ry bergfiets by Slanghoek-kelder

Kom geniet skouspelagtige uitsigte by Slanghoek. Die roete, wat by die Slanghoek-kelder begin en eindig, bestaan uit ’n 13km-rit met ’n opsionele 4 km-kringloop. Die 13km loop met brûe oor strome en deur wildkampe en is geskik vir die hele gesin. Die opsionele 4 km-kringloop is tegnies meer uitdagend. Kinders jonger as 10 moet deur ’n volwassene vergesel word.

023 344 3026

Breedevallei
Slanghoek.

6. Trap deur die klowe by Du Toitskloof-kelder

Die Du Toitskloof-bergfietspad het twee roetes: ’n korter 14,5 km-groenroete en die langer 22 km-rooiroete. Albei roetes is goed gemerk en begin en eindig by die Du Toitskloof-kelder. Du Toitskloof het ook geriewe waar jy kan stort en jou fiets kan afspoel. Kom eet ’n lekker ontbyt by Ou Meul by Du Toitskloof-kelder na jou rit.

023 349 1601

7. Vang forelle by Du Kloof Lodge

Du Kloof Lodge is tussen die Du Toitskloof- en Wittebergreeks, langs die N1, geleë. Hier op die oewer van die Molenaarsrivier kan jy moderne geriewe, uitstaande kos en skouspelagtige uitsigte geniet. Die lodge is 65 km vanaf die Kaapstad- internasionale lughawe geleë en geskik vir troues, wittebroodsvakansies, wynliefhebbers en forelhengelaars. Kom rus hier. Die oord het ses foreldamme. Jy moet betaal vir die forel wat jy vang. 

023 349 1151

Breedevallei
Kom ry perd in die vallei
Breedevallei
Kom vang forelle by Du Kloof.

8. Gaan op ’n galop by Vredelus Stables

As jy die Breedekloofvallei op ’n unieke manier wil beleef, geniet dit van die rug van ’n perd af. Die perdryroetes kronkel op bergpaadjies en deur strome en sal jou asem wegslaan. Dis die ideale aktiwiteit vir jou gesin. Die “Wine on horseback”-rit na Badsberg-kelder is baie gewild. Vredelus fokus op veiligheid, gerief en genot. Die perde is geskik vir beginners sowel as ervare ruiters van alle ouderdomme.

082 434 2299

9. Kyk voëls by Bergsig Estate

Met meer as 150 spesies wat al in die omgewing opgemerk is, is hierdie ’n voëlkyker se droom. Kom en sien die visarende, byevreters, swaels en ander voëltjies in die omgewing. Kry jou permit by die wynproelokaal by Bergsig Estate.

023 355 1603

Breedevallei
Kom kyk voëls in die vallei
Breedevallei
Kom kyk voëls in die vallei
Breedevallei
Kom kyk voëls in die vallei
Breedevallei Munisipaliteit
Breedevallei Munisipaliteit