Besoek die Vallei van Verlatenheid

Van hier af het jy ’n wye uitsig oor Graaff-Reinet en die omliggende Karoo vlaktes. Stap die Crag Lizard-roete (1 uur) aan die bo-kant van die berg vir die beste uitsigpunte, en moenie jou kamera vergeet nie.

Besoek die Uilhuis

Maak ’n draai by die voormalige tuiste van die kunstenaar Helen Martins en sien haar unieke kunswerke eerstehands. Buiten die Uilhuis is daar ook ander kunsgalerye, koffiewinkels en selfs ’n mikro-brouery om te besoek.

Kontak: 049 841 1733

Takel ’n bergpas

Die drie hoof-grondpadpasse op hierdie roete, in stygende orde van moeilikheid, is die Swaershoek-, Katberg- en Mitchellspasse. Almal is skitterend, maar die eerste een is mak en die ander twee kan interessant raak in nat weer!

Verken Hogsback se woude

Hogsback het ’n klomp dinge om jou besig te hou, maar die woud is die dorp se aanloklikste besoekplek.

Verken dit te voet, of op ’n bergfiets (Jy kan 'n fiets huur by Hogsback Adventures teen R70 p.p. Jy kan ook abseil (R320 p.p.), of Robin Hood speel en boogskiet (R90 p.p.). 

Kontak: Hogsback Adventures; 045 962 1070; www.hogsbackadventures.co.za

Of ry perd! Bespreek 'n perderit by Terra-Khaya. Dit kos R300 p.p. vir 1.5 uur, R420 p.p. vir 2½ uur, R650 p.p. vir 'n halfdag-rit en R950 p.p vir voldagrit, met middagete.

Kontak: Terra-Khaya; 082 8977503; www.terrakhaya.co.za