1. Koop seekos by die plaaslike inwoners op die strand vir aandete.

2. Besoek die plaaslike mark waar jy byna enigiets kan koop.

3. Spandeer ’n dag op Paradise Island naby Bazaruto.

4. Drink ’n 2M-bier en eet peri-peri-hoender by Johnson’s Bar op die strand.

5. Pak ’n piekniekmandjie en ry na BD Point (kry ’n permit om op die strand te ry by die verkeersdepartement in Inhassoro).