Wes-Kaap

1.    Sederberge lite: Stop by die Algeria-bosboustasie en stap op waterval toe. Ry dan aan tot by een van die vele plase met kampplekke en maak jou tentjie staan. Swem in die rivier, of gaan maak ’n draai by die Stadsaalgrotte en sy San-tekeninge. Die volgende oggend doen jy ’n lekker staproete Maltese Kruis of Wolfbergskeure toe voordat jy huis toe gaan. www.cederberg.co.za

Kampplek by Algeria

2.    Suiwer Sederberge: Ry van Clanwilliam na Wuppertal en suid deur die Sederberge na Op-die-Berg via Eselbank – dit is ’n pad wat ’n 4x4-avonturier weer moed sal gee. Die rotskuns, plantegroei en asemrowende vergesigte is legendaries – en daar is boonop lekker 4x4-roetes in die gebied ook. www.clanwilliam.infowww.clanwilliam.org.za; www.wupperthal.co.za; www.cederberg.co.za

3.    Die Klein-Karoo: Besoek die Anysberg-natuurreservaat, ry die  Buffelspoort Adventure Trail en keer terug huis toe via die Sanbona-natuurreservaat en Montagu. www.capenature.co.za/reserves/anysberg-nature-reserve/; www.sanbona.com/;www.montagu.org.za.

4. Ry Piketberg toe: Piketberg is twee uur se ry uit Kaapstad, en hier is nog lekker speelplek vir kinders en allerhande buitelug- en plaasdoendinge, staproetes, ’n pragtige omgewing en… stilte. www.piketbergtourism.co.za

Limpopo

5. Marakele Nasionale Park net buite Thabazimbi in die Waterberge is die tuiste van waarskynlik die wêreld se grootste broeikolonie (800 pare) kransaasvoëls ter wêreld. www.sanparks.org/parks/marakele/

Vrystaat

6. Moolmanshoek: ’n Verskeidenheid uitsonderlike 4x4-roetes in ’n natuurreservaat, net 3,5 uur van Gauteng af. Ander doendinge sluit in stap, bergfietsry en perdry. www.moolmanshoek.co.za/

Noordwes

7. Borakalalo Nasionale Park, 60 km noord van Brits. Borakalalo, wat beteken “die plek waar mense kan ontspan”, het volop wild, en die Klipvoordam is bekend as ’n goeie visvangplek. En moenie vergeet van die 350 voëlspesies nie. www.tourismnorthwest.co.za/borakalalo-national-park