Hou jou oë oop vir dié mikrobrouery as jy weer in die Magaliesberg reis. Dis op die oewer van die Olifantsnekdam en hier is drie besonder aangename biere wat nét hier gebrou word: ’n pilsener, ’n dunkel (donker bier) en vatbier. As jy onbekend is met die smaak van dié knape, ontspan: Jy kry eers kans om te proe voordat jy hoef te koop.


Waar? Op die R24, sowat 20 km suid van Rustenburg en 100 km wes van Petoors.
Kontak * 087 098 0641; info@brauhaus.co.za