Die Oos-Vrystaat is kersiewêreld en hier by Constantia buite Clocolan word ’n magdom produkte verkoop wat met die plaas se eie vars kersies gemaak is.

Foto: Willem van den Berg


Van likeure, strope, roomyse en koeke tot melkskommels, kerse, rome en sepe. Hier is ’n lekker atmosfeer, goeie koffie en allerhande klimrame en springmatte vir die kinders. 

Die spyskaart is lywig en jy kan enigiets van sop, broodjies, steak cannelloni (pasta gevul met bief of spinasie met ’n romerige) bestel. Onthou die kersiemelkskommel en -roomys – dis besonders.

Waar? Sowat 3 km buite Clocolan, langs dir R26 op pad na Ficksburg

Kontak 082 304 7043 of soek Constantia Cherry Farmstall op Facebook

Waar? 12 km noord van Baltimore langs die N11.