As jy Fouriesburg van Clarens af inkom, lê die Di Plaasstoep Pub & Grill sommer dadelik links. Die outydse Case-trekker met registrasie BK72CF staan voor ingeval jy dit misry.



Hier is ’n snuistery, ’n eiendomsagentskap en ’n kroeg waar jy rugby kan kyk. Kies mooi tussen boontjiesop of beesstert met rooiwyn. Die gekrummelde otjietjoppies lyk belowend, maar dit was die kerrie-afval wat my oog gevang het.

Die troef op die spyskaart was ’n plaashoender wat 1,3 kg weeg!  Dis mos genoeg vir ’n hele gesin met groot kinders!

En les bes: Boeretroos. Ek het hier regte moerkoffie uit ’n blikbeker gedrink. Ek stel voor jy drink hom swart.

Waar? Op die hoek van De la Harpe- en Truterstraat. Wees op die uitkyk vir daai Case-trekker. 

GPS: S28.624264, E28.208252

Kontak: 083 331 0714