Eensklaps is die lorries en tolhekke vergete, veral as jy op die netjiese dek langs die groot dam bene rek.

Millys, wat reeds in 1974 begin het om vars forel te verkoop, het deur die jare ontwikkel tot ’n ankerplek langs die N4 met ’n padstal, verblyf en ’n restaurant.

Die restaurant is ruim en modern met ’n mooi damuitsig. Probeer gerus die gerookteforel-viskoekies met skyfies of slaai.

As jy haastig is om in die pad te val, kan jy die beroemde forelpastei ook by die padstal aanskaf. Hier is heerlike konfyte, waarvan die nastergalkonfyt veral gewild is. En die tuisgebakte brode is uit die boonste rak, soos die piesangbrood en olyf-ciabatta.

Waar? Langs die N4, 4 km wes van Machadodorp.

Oop Daagliks van 8 vm.-5 nm.

Kontak 013 256 0718; millys.co.za


Hierdie artikel het oorspronklik in Weg #151 (Mei 2017) verskyn. Ons probeer nuwe inligting bywerk, maar feite en geite kon intussen verander het – laat weet gerus as jy so iets raaksien.